-
Jehovah toon ons hoe om ons dae te telDie Wagtoring – 2001 | November 15
-
-
4-6. Hoe is Jehovah vir ons “’n ware woonplek”?
4 Die psalmis begin met die woorde: “O Jehovah, u was vir ons ’n ware woonplek van geslag tot geslag. Voordat die berge gebore is, of u die aarde en die vrugbare land voortgebring het asof met geboortepyne, ja, van onbepaalde tyd tot onbepaalde tyd is u God [of, die Goddelike Wese].”—Psalm 90:1, 2, NW, voetnoot.
-
-
Jehovah toon ons hoe om ons dae te telDie Wagtoring – 2001 | November 15
-
-
7. In watter sin is die berge “gebore” en die aarde asof met “geboortepyne” voortgebring?
7 Jehovah het bestaan voordat die berge “gebore” is of die aarde asof met “geboortepyne” voortgebring is. Uit ’n menslike oogpunt gesien, moes dit ’n ontsaglike taak gewees het om hierdie aarde met al sy kenmerke, chemiese prosesse en ingewikkelde meganismes te skep. En deur te sê dat die berge “gebore” is en dat die aarde asof met “geboortepyne” voortgebring is, toon die psalmis groot agting vir al die harde werk van Jehovah toe hy hierdie dinge geskep het. Behoort ons nie dieselfde agting en waardering vir die Skepper se handewerk te hê nie?
Jehovah is altyd daar vir ons
8. Wat word bedoel met die woorde dat Jehovah “van onbepaalde tyd tot onbepaalde tyd” God is?
8 “Ja, van onbepaalde tyd tot onbepaalde tyd is u God”, het die psalmis gesing. “Onbepaalde tyd” kan verwys na dinge wat ’n einde het, maar waarvan die tydsduur nie spesifiek aangedui is nie (Exodus 31:16, 17, NW; Hebreërs 9:15). In Psalm 90:2 (NW) en op ander plekke in die Hebreeuse Geskrifte beteken “onbepaalde tyd” egter “vir ewig” (Prediker 1:4). Ons verstand kan nie begryp hoe dit moontlik is dat God altyd bestaan het nie. Maar Jehovah het geen begin gehad en hy sal geen einde hê nie (Habakuk 1:12, NW). Hy sal altyd lewe en gereed wees om ons te help.
-