-
Geniet persoonlike studie van God se WoordDie Wagtoring – 2002 | Desember 1
-
-
9 Hy sê verder: “As jy daarna [na begrip] bly soek soos na silwer en dit bly naspeur soos verborge skatte, . . . ” (Spreuke 2:4). Dit laat ons dink aan die mynbedrywighede van mense wat deur die eeue heen na die sogenaamde edelmetale silwer en goud gesoek het. Mense het moord gepleeg vir goud. Ander het dit hulle hele lewe lank in die hande probeer kry. Maar watter waarde het goud werklik? As jy in ’n woestyn verdwaal het en van dors gaan omkom, wat sou jy verkies: ’n goudstaaf of ’n glas water? En tog het mense met groot ywer na goud gesoek, al het dit ’n kunsmatige en onbestendige waarde!a Hoeveel groter ywer moet ons dan nie aan die dag lê in ons soeke na wysheid, onderskeidingsvermoë en ’n begrip van God en sy wil nie! Maar watter voordele hou dit in om na hierdie dinge te soek?—Psalm 19:7-10; Spreuke 3:13-18.
-
-
Geniet persoonlike studie van God se WoordDie Wagtoring – 2002 | Desember 1
-
-
a Sedert 1979 het die waarde van goud gewissel tussen ’n hoogtepunt van $850,00 per fyn ons in 1980 en ’n laagtepunt van $252,80 per fyn ons in 1999.
-