-
“Julle is my getuies”!Jesaja se profesie—Lig vir die hele mensdom II
-
-
11. Watter opdrag gee Jehovah aan sy kneg, en wat openbaar Jehovah oor sy Godheid?
11 Aangesien valse gode kragteloos is, kan hulle geen getuies voorsien nie. Gevolglik bly die getuiebank ontstellend leeg. Maar nou is dit Jehovah se beurt om sy Godheid te bevestig. Hy kyk na sy volk en sê: “Julle is my getuies, . . . ja, my kneg wat ek uitverkies het, sodat julle my kan ken en geloof in my kan hê, en sodat julle kan verstaan dat ek dieselfde is. Voor my is geen God geformeer nie, en ná my was daar steeds nie een nie. Ek—ek is Jehovah, en buiten my is daar geen redder nie. Ek het verkondig en gered en dit laat hoor, toe daar geen vreemde god onder julle was nie. En julle is my getuies, . . . en ek is God. Ook is ek altyd dieselfde; en daar is niemand wat verlossing uit my hand bewerkstellig nie. Ek sal bedrywig raak, en wie kan [my hand] afwend?”—Jesaja 43:10-13.
-
-
“Julle is my getuies”!Jesaja se profesie—Lig vir die hele mensdom II
-
-
14. Waaraan herinner Jehovah die Israeliete, en waarom is hierdie herinnering gepas?
14 Jehovah gee om vir dié wat sy naam op eerbare wyse dra, en hy beskou hulle as “die appel van sy oog”. Hy herinner die Israeliete hieraan en vertel hulle hoe hy hulle uit Egipte verlos het en hulle veilig deur die wildernis gelei het (Deuteronomium 32:10, 12). Destyds was daar geen vreemde god onder hulle nie, want hulle het die totale vernedering van al die gode van Egipte met hulle eie oë gesien. Ja, al die gode van Egipte kon Egipte nie beskerm of keer dat Israel wegtrek nie (Eksodus 12:12). Net so kan die magtige Babilon, waarin daar ten minste 50 tempels van valse gode is, nie die hand van die Almagtige teëhou wanneer hy sy volk bevry nie. Dit is duidelik dat ‘daar buiten Jehovah geen redder is nie’.
-