-
Ware aanbidding brei wêreldwyd uitJesaja se profesie—Lig vir die hele mensdom II
-
-
Die wonderlike lig van Goddelike goedkeuring
27. Watter onveranderlike lig skyn op Jehovah se “vrou”?
27 Die intensiteit van die lig wat op Jerusalem skyn, word deur Jehovah beskryf wanneer hy sê: “Vir jou sal die son nie meer bedags ’n lig wees nie, en as glans sal die maan nie meer vir jou lig gee nie. En Jehovah moet vir jou ’n lig word wat tot onbepaalde tyd bestaan, en jou God jou prag. Jou son sal nie meer ondergaan nie, en ook sal jou maan nie afneem nie; want Jehovah sal vir jou ’n lig word wat tot onbepaalde tyd bestaan, en die dae van jou rou sal voltooi wees” (Jesaja 60:19, 20). Jehovah sal aanhou om vir sy “vrou” ‘’n lig te wees wat tot onbepaalde tyd bestaan’. Hy sal nooit “ondergaan” soos die son of “afneem” soos die maan nie.d Sy onveranderlike lig van goedkeuring skyn op gesalfde Christene, die menslike verteenwoordigers van God se “vrou”. Hulle, tesame met die groot menigte, geniet sulke helder geestelike lig dat geen duisternis op die wêreld se politieke of ekonomiese toneel dit kan verduister nie. En hulle is seker van die blink toekoms wat Jehovah vir hulle voorhou.—Romeine 2:7; Openbaring 21:3-5.
-
-
Ware aanbidding brei wêreldwyd uitJesaja se profesie—Lig vir die hele mensdom II
-
-
d Die apostel Johannes gebruik soortgelyke taal wanneer hy die “nuwe Jerusalem”, die 144 000 in hulle hemelse heerlikheid, beskryf (Openbaring 3:12; 21:10, 22-26). Dit is gepas, want die “nuwe Jerusalem” verteenwoordig al die lede van die Israel van God nadat hulle hulle hemelse beloning gekry het en saam met Jesus Christus die vernaamste deel van God se “vrou”, “die Jerusalem daar bo”, geword het.—Galasiërs 4:26.
-