-
Jehovah stort verontwaardiging oor die nasies uitJesaja se profesie—Lig vir die hele mensdom I
-
-
16, 17. Wat sal van Edom word, en hoe lank sal daardie toestand voortduur?
16 Jesaja se profesie gaan voort en voorspel dat Edom se mensebevolking deur wilde diere vervang sal word, wat op ’n komende vernietiging dui: “Van geslag tot geslag sal dit verskroei wees; vir ewig en altyd sal niemand daardeur trek nie. En die pelikaan en die ystervark sal dit in besit neem, en langooruile en rawe sal daarin woon; en hy sal die meetsnoer van leegheid daaroor span en die klippe van woestheid. Sy edeles—daar is niemand daar wat hulle tot die koningskap sal roep nie, en al sy vorste sal niks word. Op sy woontorings sal dorings opkom, netels en doringrige onkruid in sy vestings; en dit sal ’n woonplek van jakkalse word, die verblyfplek van die volstruise. En die bewoners van waterlose streke sal huilende diere teëkom, en selfs die demoon in bokgedaante sal na sy metgesel roep. Ja, daar sal die naguil haar beslis gemaklik maak en vir haar ’n rusplek vind. Daar het die pylslang haar nes gemaak en lê sy eiers.”—Jesaja 34:10b-15.a
17 Ja, Edom sal ’n leë land word. Dit sal ’n woesteny word met net wilde diere, voëls en slange wat dit bewoon. Hierdie verdorde toestand van die land sal, soos vers 10 sê, “vir ewig en altyd” duur. Daar sal geen herstel wees nie.—Obadja 18.
-
-
Jehovah stort verontwaardiging oor die nasies uitJesaja se profesie—Lig vir die hele mensdom I
-
-
a Teen Maleagi se tyd was hierdie profesie vervul (Maleagi 1:3). Maleagi sê dat die Edomiete gehoop het om hulle vernietigde land weer te bewoon (Maleagi 1:4). Maar dit was nie Jehovah se wil nie, en later het ’n ander volk, die Nabateërs, die land in besit geneem wat vroeër die land Edom was.
-