Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Die Paradys word herstel!
    Jesaja se profesie—Lig vir die hele mensdom I
    • Die geboorte van ’n nuwe nasie

      19. Waarom kan daar gesê word dat Jesaja se profesie net ’n beperkte vervulling in die sesde eeu v.G.J. gehad het?

      19 Die vervulling van Jesaja hoofstuk 35 in die sesde eeu v.G.J. is natuurlik beperk. Die paradystoestande wat die herstelde Jode geniet, is nie permanent nie. Mettertyd word rein aanbidding deur valse godsdiensleringe en nasionalisme bederf. In geestelike sin ervaar die Jode weer eens droefheid en gesug. Jehovah verwerp hulle uiteindelik as sy volk (Matteus 21:43). Omdat hulle weer ongehoorsaam is, duur hulle vreugde nie voort nie. Dit alles toon dat daar ’n verdere, grotere vervulling van Jesaja hoofstuk 35 sal wees.

      20. Watter nuwe Israel het in die eerste eeu G.J. in aansyn gekom?

      20 Op Jehovah se bestemde tyd het ’n ander Israel, ’n geestelike Israel, in aansyn gekom (Galasiërs 6:16). Jesus het gedurende sy aardse bediening die weg berei vir die geboorte van hierdie nuwe Israel. Hy het rein aanbidding herstel, en as gevolg van sy leringe het die water van waarheid weer begin vloei. Hy het die siekes fisies sowel as geestelik genees. ’n Vreugdegeroep het uitgegaan aangesien die goeie nuus van God se Koninkryk verkondig is. Sewe weke ná sy dood en opstanding het die verheerlikte Jesus die Christengemeente gestig, ’n geestelike Israel saamgestel uit Jode en ander wat deur Jesus se vergote bloed losgekoop is, as God se geestelike seuns en broers van Jesus verwek is en deur die heilige gees gesalf is.—Handelinge 2:1-4; Romeine 8:16, 17; 1 Petrus 1:18, 19.

  • Die Paradys word herstel!
    Jesaja se profesie—Lig vir die hele mensdom I
    • 21. Watter gebeurtenisse in verband met die eerste-eeuse Christengemeente kan beskou word as ’n vervulling van sekere aspekte van Jesaja se profesie?

      21 Toe die apostel Paulus aan die lede van die geestelike Israel geskryf het, het hy na die woorde van Jesaja 35:3 verwys deur te sê: “Rig . . . die hande wat hang en die verslapte knieë op” (Hebreërs 12:12). Daar was dus klaarblyklik ook in die eerste eeu G.J. ’n vervulling van die woorde van Jesaja hoofstuk 35. Jesus en sy dissipels het wonderwerke verrig en in letterlike sin blindes laat sien en dowes laat hoor. Hulle het “kreupeles” in staat gestel om te loop en dié wat nie kon praat nie om hulle spraak te herwin (Matteus 9:32; 11:5; Lukas 10:9). Nog belangriker, regskapenes het uit valse godsdiens ontsnap en ’n geestelike paradys binne die Christengemeente begin geniet (Jesaja 52:11; 2 Korintiërs 6:17). Soos in die geval van die Jode wat van Babilon af teruggekeer het, het hierdie ontsnaptes gevind dat ’n positiewe, moedige gees noodsaaklik was.—Romeine 12:11.

      22. Hoe het opregte Christene wat na die waarheid gesoek het in hedendaagse tye in Babiloniese gevangenskap gekom?

      22 Wat van ons dag? Het Jesaja se profesie nog ’n vervulling, ’n vollediger vervulling waarby die Christengemeente van vandag betrokke is? Ja. Ná die dood van die apostels het die aantal ware gesalfde Christene grootliks afgeneem en valse Christene, “onkruid”, het op die wêreldtoneel gefloreer (Matteus 13:36-43; Handelinge 20:30; 2 Petrus 2:1-3). Selfs toe opregte persone gedurende die 19de eeu begin het om hulle van die Christendom af te skei en rein aanbidding te soek, was hulle begrip nog steeds deur onskriftuurlike leringe besoedel. In 1914 is Jesus as Messiaanse Koning op die troon geplaas, maar kort daarna het die situasie maar sleg gelyk vir hierdie opregte waarheidsoekers. Ter vervulling van die profesie het die nasies ‘teen hulle oorlog gevoer en hulle oorwin’, en die pogings van hierdie opregte Christene om die goeie nuus te verkondig, is gesmoor. Hulle is as ’t ware in Babiloniese gevangenskap weggevoer.—Openbaring 11:7, 8.

      23, 24. Op watter maniere is Jesaja se woorde sedert 1919 onder God se volk vervul?

      23 Maar in 1919 het die situasie verander. Jehovah het sy volk uit gevangenskap uitgebring. Hulle het die valse leerstellings wat vroeër hulle aanbidding besoedel het, begin verwerp. Gevolglik is hulle genees. Hulle het in ’n geestelike paradys gekom, wat vandag nog verder oor die aarde uitbrei. In geestelike sin leer die blindes sien en die dowes hoor—hulle word met ander woorde ten volle bewus van die werking van God se heilige gees en hulle bly bewus van die belangrikheid om naby Jehovah te bly (1 Tessalonisense 5:6; 2 Timoteus 4:5). Ware Christene is nie meer stom nie, maar is gretig om ‘uit te roep’ en Bybelwaarhede aan ander bekend te maak (Romeine 1:15). Diegene wat geestelik swak, of ‘kreupel’, was, is nou ywerig en vreugdevol. Hulle kan figuurlik gesproke “net soos ’n takbok klim”.

Afrikaanse publikasies (1975-2021)
Teken af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2021 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel