-
“My uitverkorene, wat my siel goedgekeur het!”Jesaja se profesie—Lig vir die hele mensdom II
-
-
3. Wat voorspel Jehovah deur middel van Jesaja oor “my kneg”?
3 Deur middel van Jesaja voorspel Jehovah die koms van ’n kneg wat hy self sal uitkies: “Kyk! My kneg, wat ek ondersteun! My uitverkorene, wat my siel goedgekeur het! Ek het my gees in hom geplaas. Hy sal geregtigheid vir die nasies voortbring. Hy sal nie uitroep of sy stem verhef nie, en op die straat sal hy nie sy stem laat hoor nie. ’n Geknakte riet sal hy nie breek nie; en ’n dowwe vlaspit sal hy nie uitdoof nie. In waaragtigheid sal hy geregtigheid voortbring. Hy sal nie dof raak of geknak word totdat hy geregtigheid op die aarde gevestig het nie; en op sy wet sal die eilande bly wag.”—Jesaja 42:1-4.
-
-
“My uitverkorene, wat my siel goedgekeur het!”Jesaja se profesie—Lig vir die hele mensdom II
-
-
6. Op watter maniere het Jesus ware geregtigheid bekend gemaak?
6 In teenstelling daarmee het Jesus God se beskouing van geregtigheid geopenbaar. Deur sy leringe en sy lewenswyse het Jesus getoon dat ware geregtigheid medelydend en barmhartig is. Dink byvoorbeeld aan sy beroemde Bergpredikasie (Matteus, hoofstukke 5-7). Wat ’n uitstekende uiteensetting is dit tog van die manier waarop geregtigheid en regverdigheid toegepas moet word! Word ons nie getref deur Jesus se medelye met die armes en geteisterdes wanneer ons die Evangelieverslae lees nie? (Matteus 20:34; Markus 1:41; 6:34; Lukas 7:13). Hy het sy vertroostende boodskap uitgedra aan baie mense wat soos beskadigde riete was, geknak en vertrap. Hulle was soos ’n smeulende vlaspit, waarvan die laaste vonkie lewe amper gesmoor is. Jesus het nooit ’n “geknakte riet” gebreek of “’n dowwe vlaspit” uitgedoof nie. Sy liefdevolle en medelydende woorde en dade het eerder die harte van die sagmoediges opgebeur.—Matteus 11:28-30.
-