-
Kyk! Jehovah se goedgekeurde KnegDie Wagtoring — 2009 | Januarie 15
-
-
4 Toe Jesus nog ’n baba was, het ’n regverdige man met die naam Simeon onder die krag van die heilige gees gesê dat “die jong kindjie Jesus . . . ’n lig [sou word] om die sluier te verwyder van die nasies”, soos voorspel is in Jesaja 42:6 en 49:6 (Luk. 2:25-32). Verder is die vernederende behandeling wat Jesus die nag van sy verhoor ontvang het, in die profesie van Jesaja 50:6-9 voorspel (Matt. 26:67; Luk. 22:63). Ná Pinkster 33 G.J. het die apostel Petrus Jesus duidelik as Jehovah se “Kneg” geïdentifiseer. (Jes. 52:13; 53:11; lees Handelinge 3:13, 26.) Wat kan ons uit hierdie Messiaanse profesieë leer?
-
-
Kyk! Jehovah se goedgekeurde KnegDie Wagtoring — 2009 | Januarie 15
-
-
“’n Lig” en “’n verbond”
11. In watter sin was Jesus in die eerste eeu “’n lig van die nasies”, en hoe is hy dit vandag nog?
11 Jesus was inderdaad “’n lig van die nasies”, ter vervulling van Jesaja 42:6. Gedurende sy aardse bediening het hy hoofsaaklik vir die Jode geestelike lig gebring (Matt. 15:24; Hand. 3:26). Maar Jesus het gesê: “Ek is die lig van die wêreld” (Joh. 8:12). Hy het ’n lig vir die Jode sowel as die nasies geword deur nie net geestelike verligting te bring nie, maar deur ook sy volmaakte menselewe as ’n losprys vir die hele mensdom op te offer (Matt. 20:28). Ná sy opstanding het hy sy dissipels die opdrag gegee om getuies van hom te wees “tot in die mees afgeleë deel van die aarde” (Hand. 1:8). Paulus en Barnabas het gedurende hulle bediening die uitdrukking “lig van die nasies” aangehaal en dit op hulle predikingswerk onder die nie-Jode toegepas. (Hand. 13:46-48; vergelyk Jesaja 49:6.) Hierdie werk word nog steeds gedoen deurdat Jesus se gesalfde broers op die aarde en hulle metgeselle geestelike lig versprei en mense help om geloof te stel in Jesus, die “lig van die nasies”.
12. Hoe het Jehovah sy Kneg “as ’n verbond van die volk” gegee?
12 In dieselfde profesie het Jehovah vir sy uitverkore Kneg gesê: “Ek sal jou bewaar en jou gee as ’n verbond van die volk” (Jes. 42:6). Satan het voortdurend pogings aangewend om Jesus te vernietig en hom te verhinder om sy bediening op die aarde te volbring, maar Jehovah het hom bewaar tot die vasgestelde tyd dat hy moes sterf (Matt. 2:13; Joh. 7:30). Daarna het Jehovah Jesus opgewek en hom as “’n verbond”, of waarborg, aan mense op die aarde gegee. Hierdie plegtige belofte het die versekering verskaf dat God se getroue Kneg sou voortgaan om “’n lig van die nasies” te wees en diegene in geestelike duisternis te bevry.—Lees Jesaja 49:8, 9.b
-