-
Hy het ’n les in barmhartigheid geleerVolg hulle geloof na
-
-
20 God het met Jona geredeneer en gesê dat die profeet jammer voel oor die dood van ’n blote plant wat oornag opgekom het, een wat Jona nie geplant het of laat groei het nie. Toe het God ten slotte gesê: “Behoort ék nie jammer te voel vir Nineve, die groot stad, waarin daar meer as honderd-en-twintigduisend mense is wat glad nie die verskil tussen hulle regter- en hulle linkerhand ken nie, benewens talle mak diere?”—Jona 4:10, 11.c
21. (a) Watter praktiese les het Jehovah Jona geleer? (b) Hoe kan die verslag oor Jona ons help om eerlike selfondersoek te doen?
21 Sien jy die kern van Jehovah se praktiese les? Jona het absoluut niks gedoen om vir daardie plant te sorg nie. Jehovah daarenteen was die Bron van die lewe vir daardie Nineviete en hy het vir hulle gesorg, net soos hy vir alle lewende wesens op die aarde sorg. Hoe kon Jona meer waarde aan ’n enkele plant heg as aan die lewens van 120 000 mense, benewens al hulle vee? Was dit nie omdat Jona toegelaat het dat sy denke selfsugtig word nie? Hy het immers net jammer gevoel vir die plant omdat dit hom persoonlik tot voordeel gestrek het. Het sy woede oor Nineve nie ook voortgespruit uit selfsugtige beweegredes nie—’n trotse begeerte om sy aansien te red, om reg bewys te word? Jona se verhaal kan ons help om eerlike selfondersoek te doen. Wie van ons is immuun teen sulke selfsugtige neigings? Hoe dankbaar moet ons tog wees dat Jehovah ons geduldig leer om onselfsugtiger, medelydender en barmhartiger te wees—soos hy!
-
-
Hy het ’n les in barmhartigheid geleerVolg hulle geloof na
-
-
c Die feit dat God gesê het dat daardie mense nie die verskil tussen regs en links ken nie, het gedui op hulle kinderlike onkunde ten opsigte van goddelike standaarde.
-