-
Sy het “in haar hart gevolgtrekkings gemaak”Die Wagtoring — 2008 | Oktober 1
-
-
Die reis na Betlehem
Josef en Maria was nie die enigstes wat op reis was nie. Keiser Augustus het kort tevore ’n verordening uitgereik dat almal in die land na hulle geboortedorp moes reis om geregistreer te word. Hoe het Josef gereageer? Die verslag sê: “Josef het natuurlik ook van Galilea af opgegaan, uit die stad Nasaret, na Judea, na die stad van Dawid, wat Betlehem genoem word, omdat hy ’n lid van die huis en familie van Dawid was.”—Lukas 2:1-4.
Dit was nie toevallig dat die keiser die verordening in hierdie tyd uitgereik het nie. ’n Profesie wat ongeveer sewe eeue tevore neergeskryf is, het voorspel dat die Messias in Betlehem gebore sou word. Toevallig was daar ’n dorpie met die naam Betlehem net 11 kilometer van Nasaret af. Die profesie het egter spesifiek gesê dat die Messias uit “Betlehem Efrata” sou kom (Miga 5:2). Vandag skei ongeveer 150 kilometer van heuwelagtige paaie Nasaret van daardie dorpie in die suide. Dit was die Betlehem waarheen Josef moes gaan, want dit was die voorvaderlike tuiste van die familie van koning Dawid—die familie waaraan beide Josef en sy bruid behoort het.
-
-
Sy het “in haar hart gevolgtrekkings gemaak”Die Wagtoring — 2008 | Oktober 1
-
-
Wat anders kon Maria beweeg het om gehoorsaam te wees? Het sy geweet van die profesie wat sê dat Betlehem die geboorteplek van die Messias sou wees? Die Bybel sê nie. Ons kan nie die moontlikheid buite rekening laat nie, want die feit was blykbaar algemene kennis onder die godsdiensleiers en selfs mense oor die algemeen (Matteus 2:1-7; Johannes 7:40-42). Wanneer dit by die Skrif gekom het, was Maria allesbehalwe oningelig (Lukas 1:46-55). Hoe dit ook al sy, of Maria besluit het om te reis uit gehoorsaamheid aan haar man, ’n regeringsbevel of Jehovah se profesie—of weens ’n kombinasie van faktore—sy het ’n uitstekende voorbeeld gestel. Jehovah stel ’n nederige, gehoorsame gees in mans en vroue hoog op prys. In ons tyd, waarin onderdanigheid blykbaar onder die deugde is waaraan daar dikwels die minste waarde geheg word, is Maria se voorbeeld ’n riglyn vir alle getroue mense.
-