-
Jehovah se oordeelsdag is naby!Die Wagtoring – 2001 | Februarie 15
-
-
6-8. Wat is in Sefanja 1:4-6 voorspel, en hoe is hierdie profesie in eertydse Juda vervul?
6 Sefanja 1:4-6 voorspel God se optrede teenoor valse aanbidders en sê: “Ek sal my hand uitstrek teen Juda en teen al die inwoners van Jerusalem; Ek sal ook uit hierdie plek uitroei wat van Baäl oorgebly het, die naam van die afgodsdienaars saam met die priesters; en die wat op die dakke die leër van die hemel aanbid; en die aanbidders wat by die HERE sweer en sweer by Milkom. Ook die wat van die HERE afvallig word en wat die HERE nie soek en Hom nie raadpleeg nie.”
-
-
Jehovah se oordeelsdag is naby!Die Wagtoring – 2001 | Februarie 15
-
-
9. (a) Waaraan is die Christendom skuldig? (b) Wat moet ons, in teenstelling met die ontroues van Juda, vasbeslote wees om te doen?
9 Dit alles laat ons heel moontlik dink aan die Christendom wat by valse aanbidding en astrologie betrokke is. En hulle rol in die miljoene lewens wat geoffer is op die altaar van oorlog wat deur die geestelikes gesteun word, is net so afskuwelik! Laat ons nooit word soos die ontroues van Juda wat ‘van Jehovah afvallig geword het’ deur onverskillig te raak en hom nie meer te soek of sy leiding te vra nie. Laat ons eerder ons onkreukbaarheid teenoor God handhaaf.
-