-
Die Koning louter sy volk geestelikGod se Koninkryk regeer!
-
-
1-3. Wat het Jesus gedoen toe hy sien dat die tempel verontreinig word?
JESUS het groot respek vir die tempel in Jerusalem gehad omdat hy geweet het wat dit verteenwoordig. Die tempel was al lank die middelpunt van ware aanbidding op die aarde. Maar hierdie aanbidding—die aanbidding van die heilige God, Jehovah—moet rein en onbesmet wees. Stel jou dus voor hoe Jesus gevoel het toe hy op 10 Nisan 33 HJ by die tempel kom en sien dat dit verontreinig word. Wat het gebeur?—Lees Matteus 21:12, 13.
2 In die Voorhof van die Heidene het gierige handelaars en geldwisselaars die aanbidders wat gekom het om offerandes aan Jehovah te bring, uitgebuit.a Jesus het “almal wat in die tempel verkoop en koop, uitgedryf en die tafels van die geldwisselaars . . . omgekeer”. (Vergelyk Nehemia 13:7-9.) Hy het daardie selfsugtige mans veroordeel omdat hulle sy Vader se huis in “’n rowerspelonk” verander het. So het Jesus sy respek getoon vir die tempel en wat dit verteenwoordig het. Die aanbidding van sy Vader moes rein gehou word!
-
-
Die Koning louter sy volk geestelikGod se Koninkryk regeer!
-
-
a Besoekende Jode moes ’n sekere geldeenheid gebruik om die jaarlikse tempelbelasting te betaal, en die geldwisselaars het ’n fooi gevra om muntstukke vir die regte geldeenheid te wissel. Besoekers moes moontlik ook diere as offerandes koop. Jesus het die handelaars ‘rowers’ genoem, waarskynlik omdat hulle buitensporige fooie vir hulle dienste gevra het.
-