-
’n Herder wat omgeeDie Wagtoring — 2008 | Februarie 1
-
-
Jesus het ’n situasie beskryf wat in die lewe van ’n herder kan ontstaan en gesê: “As ’n sekere man honderd skape het en een van hulle dwaal af, sal hy nie die nege-en-negentig op die berge laat staan en die een wat afdwaal, gaan soek nie? En as hy hom vind, voorwaar, ek sê vir julle dat hy blyer is oor hom as oor die nege-en-negentig wat nie afgedwaal het nie. Net so is dit vir my Vader wat in die hemel is, nie wenslik dat een van hierdie kleintjies vergaan nie” (Matteus 18:12-14). Kom ons kyk hoe Jesus ’n prentjie skilder van Jehovah se tere besorgdheid oor elkeen van Sy aanbidders.
-
-
’n Herder wat omgeeDie Wagtoring — 2008 | Februarie 1
-
-
Jesus het die illustrasie toegepas deur te sê dat God nie wil hê dat “een van hierdie kleintjies [moet] vergaan nie”. Jesus het sy dissipels vroeër daarteen gewaarsku om nie “een van hierdie kleintjies wat geloof in [hom] stel”, te laat struikel nie (Matteus 18:6). Wat leer Jesus se illustrasie ons dan omtrent Jehovah? Dat hy ’n Herder is wat diep besorg is oor elkeen van sy skape, insluitende die “kleintjies”—dié wat uit die wêreld se oogpunt van min belang is. Ja, in God se oë is elkeen van sy aanbidders uniek en kosbaar.
-