-
Moet jy jou belasting betaal?Ontwaak! – 2003 | Desember 8
-
-
Dink aan die vermaning wat Jesus aan sy dissipels gegee het. Hy het geweet dat sy Joodse landgenote erg gegrief gevoel het oor die belasting wat deur Rome gehef is. Nietemin het Jesus hulle aangespoor: “Betaal aan die keiser terug wat aan die keiser behoort, maar aan God wat aan God behoort” (Markus 12:17). Interessant genoeg, Jesus het gesê dat mense belasting moet betaal aan die einste regering wat hom binnekort sou teregstel.
-
-
Moet jy jou belasting betaal?Ontwaak! – 2003 | Desember 8
-
-
Jesus se raad om ‘aan die keiser te betaal wat aan die keiser behoort’, was nie noodwendig tot die betaling van belasting beperk nie (Matteus 22:21). Die Critical and Exegetical Hand-Book to the Gospel of Matthew deur Heinrich Meyer verduidelik: “Onder die uitdrukking [wat aan die keiser behoort] . . . moet ons nie bloot staatsbelasting verstaan nie, maar alles waarop die keiser geregtig was op grond van sy regmatige heerskappy.”
-