-
‘Bly in my woord’Die Wagtoring – 2003 | Februarie 1
-
-
16. (a) Watter mense kom ooreen met die doringagtige grond? (b) Wat stel die dorings volgens die drie Evangelieverslae voor?—Sien voetnoot.
16 Watter soort mense kom met die doringagtige grond ooreen? Jesus verduidelik: “Dit is hulle wat gehoor het, maar omdat hulle deur sorge en rykdom en genietinge van hierdie lewe meegesleep word, word hulle heeltemal verstik en bring hulle niks tot volmaaktheid nie” (Lukas 8:14). Net soos die saaier se saad en die dorings terselfdertyd in die grond groei, probeer party om die woord van God in te neem en terselfdertyd die “genietinge van hierdie lewe” te hê. Die waarheid van God se woord word in hulle hart gesaai, maar dit moet met ander strewes meeding om hulle aandag. Hulle figuurlike hart is verdeeld (Lukas 9:57-62). Dit voorkom dat hulle genoeg tyd afstaan aan biddende en betekenisvolle bepeinsing oor God se woord. Hulle neem God se woord nie ten volle in nie en het dus nie genoeg hartgrondige waardering om te volhard nie. Geleidelik word hulle geestelike belange deur niegeestelike strewes verdring totdat hulle “heeltemal verstik” word.c Wat ’n droewige uiteinde tog vir diegene wat Jehovah nie heelhartig liefhet nie!—Matteus 6:24; 22:37.
17. Watter keuses moet ons in die lewe maak sodat ons nie deur die figuurlike dorings in Jesus se illustrasie verstik word nie?
17 As ons geestelike sake die voorkeur gee bo materiële strewes, sal ons nie deur die probleme en genietinge van hierdie wêreld verstik word nie (Matteus 6:31-33; Lukas 21:34-36). Bybellees en bepeinsing oor wat ons lees, moet nooit verwaarloos word nie. Ons sal meer tyd vir indringende en biddende bepeinsing vind as ons ons lewe so eenvoudig moontlik maak (1 Timoteus 6:6-8). Knegte van God wat dit gedoen het—wat as ’t ware die dorings uit die grond getrek het om die vrugdraende plant meer voeding, lig en ruimte te gee—geniet Jehovah se seën. Sandra, wat 26 jaar oud is, sê: “Wanneer ek oor my seëninge in die waarheid peins, besef ek dat die wêreld niks in vergelyking daarmee kan aanbied nie!”—Psalm 84:11.
-
-
‘Bly in my woord’Die Wagtoring – 2003 | Februarie 1
-
-
c Volgens die drie Evangelieverslae van Jesus se gelykenis word die saad verstik deur die probleme en genietinge van hierdie wêreld: “Die sorge van hierdie stelsel van dinge”, “die bedrieglike krag van rykdom”, “die begeertes na die res van die dinge” en die “genietinge van hierdie lewe”.—Markus 4:19; Matteus 13:22; Lukas 8:14; Jeremia 4:3, 4.
-