-
“Met vreugde en heilige gees gevul”‘Getuig deeglik’ oor God se Koninkryk
-
-
1, 2. Wat is uniek aan die reis wat Barnabas en Saulus binnekort gaan aanpak, en hoe sal hulle werk tot die vervulling van Handelinge 1:8 bydra?
DIT is ’n opwindende dag vir die gemeente in Antiogië. Van al die profete en onderrigters hier is Barnabas en Saulus deur die heilige gees gekies om die goeie nuus na verafgeleë plekke te neem (Hand. 13:1, 2).a Bekwame manne is weliswaar al voorheen uitgestuur. Maar in die verlede het sendelinge na plekke gereis waar die Christelike godsdiens reeds gevestig was (Hand. 8:14; 11:22). Hierdie keer sal Barnabas en Saulus – saam met Johannes Markus, wat ’n helper vir hulle sal wees – na lande gestuur word waar die meeste mense nog nooit van die goeie nuus gehoor het nie.
2 Sowat 14 jaar vroeër het Jesus vir sy volgelinge gesê: “Julle sal getuies van my wees in Jerusalem, in die hele Judea en Samaria en tot in die mees afgeleë deel van die aarde” (Hand. 1:8). Die aanstelling van Barnabas en Saulus om as sendelinge te dien, sal bydra tot die vervulling van Jesus se profetiese woorde!b
-
-
“Met vreugde en heilige gees gevul”‘Getuig deeglik’ oor God se Koninkryk
-
-
4. (a) Wat het die uitkiesing van Barnabas en Saulus gerig, en hoe het medegelowiges op die aanstelling gereageer? (b) Hoe kan ons dié wat teokratiese toewysings ontvang, ondersteun?
4 Maar waarom het die heilige gees spesifiek beveel dat Barnabas en Saulus afgesonder moet word om “die werk [te] doen”? (Hand. 13:2). Die Bybel sê nie. Ons weet wel dat die heilige gees die uitkiesing van hierdie manne gerig het. Daar is geen aanduiding dat die profete en onderrigters in Antiogië beswaar gemaak het teen die besluit nie. Hulle het eerder die aanstelling ten volle ondersteun. Stel jou voor hoe Barnabas en Saulus moes gevoel het toe hulle geestelike broers, sonder om afgunstig te wees, ‘gevas en gebid het en hulle hande op hulle gelê en hulle weggestuur het’ (Hand. 13:3). Ons moet ook diegene ondersteun wat teokratiese toewysings ontvang, insluitende manne wat as gemeentelike opsieners aangestel word. Eerder as om afgunstig te wees op diegene wat sulke voorregte ontvang, moet ons “buitengewone waardering en liefde vir hulle . . . hê as gevolg van hulle werk”. – 1 Tess. 5:13.
-