-
Hulle het “moedig gepreek omdat Jehovah hulle die gesag gegee het”‘Getuig deeglik’ oor God se Koninkryk
-
-
8. Waarom het Paulus en Barnabas uit Ikonium weggegaan, en wat leer ons uit hulle voorbeeld?
8 Ná ’n ruk het teenstanders in Ikonium ’n komplot gesmee om Paulus en Barnabas te stenig. Toe die twee sendelinge hiervan vertel is, het hulle besluit om na ’n ander predikingsgebied te gaan (Hand. 14:5-7). Koninkryksverkondigers lê vandag ook sulke onderskeidingsvermoë aan die dag. Wanneer mense ons met woorde aanval, praat ons met vrymoedigheid (Fil. 1:7; 1 Pet. 3:13-15). Maar wanneer geweld dreig, sal ons nie iets onverstandigs doen wat ons lewe of die lewe van medegelowiges onnodig in gevaar sal stel nie. – Spr. 22:3.
-