-
Die stryd vir die goeie nuus in TessalonikaDie Wagtoring — 2012 | Junie 1
-
-
Wanneer Paulus in ’n nuwe stad aangekom het, het hy gewoonlik eers die Jode genader omdat hulle die Skrif geken het, wat ’n grondslag vir bespreking voorsien het en dit vir hulle makliker gemaak het om die goeie nuus te verstaan. Een geleerde doen aan die hand dat hierdie gebruik moontlik ’n aanduiding van Paulus se besorgdheid oor sy landgenote was of dat hy dit gedoen het om die Jode en dié wat God gevrees het as ’n trapklip vir sy werk onder die heidene te gebruik.—Handelinge 17:2-4.
Nadat Paulus in Tessalonika aangekom het, het hy dus eers na die sinagoge gegaan, en hy het daar met die Jode “geredeneer en verduidelik en deur verwysings bewys dat die Christus moes ly en uit die dode moes opstaan en gesê: ‘Hierdie Jesus wat ek aan julle verkondig, hý is die Christus.’”—Handelinge 17:2, 3, 10.
Wat Paulus beklemtoon het—die Messias se rol en identiteit—was ’n kontroversiële onderwerp. Die idee van ’n Messias wat gely het, was in stryd met die ideaal van ’n verowerende stryder-Messias wat die Jode gekoester het. Om die Jode te oorreed, het Paulus “geredeneer”, “verduidelik” en “deur verwysings” uit die Skrif bewys gelewer—die ware kenmerke van ’n doeltreffende onderrigter.a Maar hoe het Paulus se gehoor gereageer terwyl hy hierdie skat van inligting aan hulle oorgedra het?
-
-
Die stryd vir die goeie nuus in TessalonikaDie Wagtoring — 2012 | Junie 1
-
-
a Paulus het dalk verwys na wat nou Psalm 22:7; 69:21; Jesaja 50:6; 53:2-7 en Daniël 9:26 is.
-