-
Volg Jehovah, ons onpartydige God, naDie Wagtoring – 2003 | Junie 15
-
-
11. Hoe is onpartydigheid in die vroeë Christengemeente getoon?
11 In die vroeë Christengemeente was Jode en nie-Jode gelyk. “Heerlikheid en eer en vrede vir elkeen wat goed doen”, het Paulus verduidelik, “eers vir die Jood, en ook vir die Griek. Want daar is geen partydigheid by God nie” (Romeine 2:10, 11).b Dit was nie hulle etniese agtergrond wat bepaal het of hulle by Jehovah se onverdiende goedhartigheid sou baat vind nie, maar hulle reaksie nadat hulle geleer het van Jehovah en die vooruitsigte wat deur die losprys van sy Seun, Jesus, gebied word (Johannes 3:16, 36). Paulus het geskryf: “Hy is nie ’n Jood wat dit uiterlik is nie, en ook is besnydenis nie dit wat uiterlik aan die vlees is nie. Maar hy is ’n Jood wat dit innerlik is, en sy besnydenis is dié van die hart deur gees, en nie deur ’n geskrewe kode nie.” Dan gebruik Paulus ’n woordspeling op die term “Jood” (wat “van Juda”, dit wil sê geloof of geprys, beteken), en voeg by: “Die lof van so iemand kom nie van mense nie, maar van God” (Romeine 2:28, 29). Jehovah gee lof op onpartydige wyse. Doen ons dit?
-
-
Volg Jehovah, ons onpartydige God, naDie Wagtoring – 2003 | Junie 15
-
-
b Hier verwys die uitdrukking “Griek” na nie-Jode oor die algemeen.—Insight on the Scriptures, uitgegee deur Jehovah se Getuies, Deel 1, bladsy 1004.
-