Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • ‘Beklee julle met lankmoedigheid’
    Die Wagtoring – 2001 | November 1
    • “Die liefde is lankmoedig”

      9. Waarom het Paulus moontlik vir die Korintiërs gesê dat ‘die liefde lankmoedig is’?

      9 Paulus het getoon dat daar ’n spesiale verwantskap tussen liefde en lankmoedigheid bestaan toe hy gesê het: “Die liefde is lankmoedig” (1 Korintiërs 13:4). Een Bybelgeleerde, Albert Barnes, voer aan dat Paulus die aandag hierop gevestig het as gevolg van die twis en onenigheid wat daar in die Christengemeente in Korinte was (1 Korintiërs 1:11, 12). Barnes sê: “Die woord wat hier gebruik word, is die teenoorgestelde van haas: van driftige woorde en denke sowel as van geïrriteerdheid. Dit verwys na die geestestoestand wat LANK kan VERDRA wanneer dit verdruk, vertoorn word.” Liefde en lankmoedigheid dra nog steeds grootliks by tot die vrede van die Christengemeente.

      10. (a) Hoe help liefde ons om lankmoedig te wees, en watter raad gee die apostel Paulus in hierdie verband? (b) Watter kommentaar het ’n Bybelgeleerde oor God se lankmoedigheid en goedhartigheid gelewer? (Sien voetnoot.)

      10 “Die liefde is lankmoedig en goedhartig. Die liefde . . . soek nie sy eie belang nie, raak nie ergerlik nie.” Daarom help liefde ons in baie opsigte om lankmoedig te wees (1 Korintiërs 13:4, 5).* Liefde stel ons in staat om mekaar geduldig te verdra en te onthou dat ons almal onvolmaak is en foute en tekortkominge het. Dit help ons om bedagsaam en vergewensgesind te wees. Die apostel Paulus moedig ons aan om te wandel “met algehele ootmoed en sagmoedigheid, met lankmoedigheid, terwyl julle mekaar in liefde verdra en ywerig daarna streef om die eenheid van die gees in die verenigende band van vrede te bewaar”.—Efesiërs 4:1-3.

  • ‘Beklee julle met lankmoedigheid’
    Die Wagtoring – 2001 | November 1
    • In ’n kommentaar oor Paulus se woorde dat ‘die liefde lankmoedig en goedhartig is’, skryf die Bybelgeleerde Gordon D. Fee: “In Pauliniese teologie verteenwoordig dit [lankmoedigheid en goedhartigheid] die twee fasette van God se gesindheid teenoor die mensdom (vgl. Rom. 2:4). Aan die een kant word God se liefdevolle verdraagsaamheid bewys deurdat hy sy toorn ten opsigte van die mens se opstand in bedwang hou; aan die ander kant word sy goedhartigheid gesien in die duisende blyke van sy barmhartigheid. Daarom begin Paulus se beskrywing van liefde met hierdie tweevoudige beskrywing van God, wat deur Christus getoon het dat hy verdraagsaam en goedhartig is teenoor diegene wat Goddelike oordeel verdien.”

Afrikaanse publikasies (1975-2022)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2022 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel