-
Die opstanding van Jesus—Het dit werklik plaasgevind?Die Wagtoring — 2013 | Maart 1
-
-
Party Christene in eertydse Korinte was verward oor die saak, en ander het glad nie aan die letterlike opstanding geglo nie. Die apostel het in sy eerste brief aan die Christene daar genoem wat die gevolge sou wees as die opstanding nie werklik plaasgevind het nie. Hy het geskryf: “As daar werklik geen opstanding van die dooies is nie, is Christus ook nie opgewek nie. Maar as Christus nie opgewek is nie, is ons prediking beslis tevergeefs en is ons geloof tevergeefs. Bowendien word ons dan valse getuies aangaande God bevind . . . Julle geloof [is] nutteloos; julle is nog in julle sondes. . . . Ook dié wat in eenheid met Christus ontslaap het, het vergaan.”—1 Korintiërs 15:13-18.
“Hy [het] aan meer as vyfhonderd broers tegelyk verskyn . . . Daarna het hy aan Jakobus verskyn, toe aan al die apostels; maar laaste van almal het hy ook aan my verskyn.”—1 Korintiërs 15:6-8
-
-
Die opstanding van Jesus—Het dit werklik plaasgevind?Die Wagtoring — 2013 | Maart 1
-
-
Daar sou ook ander gevolge wees. As Christus nie uit die dood opgewek is nie, sou die Christelike geloof tevergeefs, leeg en op ’n leuen gegrond wees. Boonop sou Paulus en die ander Christene valse getuies gewees het, nie net aangaande die opstanding van Jesus nie, maar ook aangaande die een wat hulle gesê het hom opgewek het, Jehovah God. Wat meer is, die bewering dat Christus “vir ons sondes gesterf het”, sou ook onwaar wees—want as die Redder self nie uit die dood gered is nie, sou hy ander nie kon red nie (1 Korintiërs 15:3). Dit sou beteken dat Christene wat gesterf het, in party gevalle as martelaars, gesterf het met die valse hoop dat hulle opgewek sou word.
-