-
Die opstanding van Jesus beteken die lewe!Die Wagtoring — 2013 | Maart 1
-
-
JESUS se opstanding is nie net ’n enkele gebeurtenis in die ou tyd wat vandag vir ons van min betekenis is nie. Die apostel Paulus het gewys hoe betekenisvol dit is toe hy geskryf het: “Christus [is] uit die dode opgewek, die eersteling van dié wat ontslaap het. Want aangesien die dood deur ’n mens is, is die opstanding van die dooies ook deur ’n mens. Want net soos almal in Adam sterf, só sal almal ook in die Christus lewend gemaak word.”—1 Korintiërs 15:20-22.
-
-
Die opstanding van Jesus beteken die lewe!Die Wagtoring — 2013 | Maart 1
-
-
Wat Paulus vervolgens sê, verduidelik wat deur Jesus se opstanding moontlik gemaak is. “Aangesien die dood deur ’n mens is”, het Paulus gesê, “is die opstanding van die dooies ook deur ’n mens.” Omdat ons sonde en onvolmaaktheid van Adam geërf het, sterf ons almal. Maar omdat Jesus sy volmaakte menselewe as ’n losprys gegee het, het hy dit vir die mensdom moontlik gemaak om deur middel van die opstanding uit slawerny aan sonde en die dood bevry te word. Paulus som die saak goed op in Romeine 6:23: “Die loon wat die sonde betaal, is die dood, maar die gawe wat God gee, is die ewige lewe deur Christus Jesus, ons Here.”
-