-
“Ek het die hoop op God”Die Wagtoring (Studie-uitgawe) — 2017 | Desember
-
-
15. Hoekom word Jesus die “eersteling” genoem?
15 Jesus se opstanding na die hemel as ’n geespersoon, is die eerste van sy soort en die belangrikste (Hand. 26:23). Maar hy is nie die enigste persoon wat opgewek sal word en hemel toe sal gaan nie. Jesus het sy getroue apostels belowe dat hulle saam met hom in die hemel sal regeer (Luk. 22:28-30). Maar hulle sal slegs daardie beloning kry nadat hulle gesterf het. Dan sal hulle, net soos Jesus, met ’n geesliggaam opgewek word. Paulus het geskryf dat “Christus . . . uit die dode opgewek [is], die eersteling van dié wat ontslaap het”. Paulus het gesê dat daar ander persone sal wees wat opgewek sal word en hemel toe sal gaan. Hy het gesê: “Elkeen in sy eie rangorde: Christus, die eersteling, daarna dié wat aan die Christus behoort gedurende sy teenwoordigheid.”—1 Kor. 15:20, 23.
16. Watter inligting het ons oor wanneer die hemelse opstanding sal gebeur?
16 Paulus se woorde gee ons ’n idee wanneer die hemelse opstanding sal gebeur. Dit sal tydens “sy teenwoordigheid” gebeur. Jehovah se Getuies bewys al jare lank uit die Bybel dat Christus se “teenwoordigheid” in 1914 begin het. Dit is nog steeds aan die gang, en die einde van hierdie goddelose wêreld is baie naby.
17, 18. Wat sal met party gesalfdes tydens Christus se teenwoordigheid gebeur?
17 Die Bybel gee nog inligting oor die hemelse opstanding: “Ons wil nie hê dat julle onkundig moet wees aangaande dié wat ontslaap nie . . . Want as ons glo dat Jesus gesterf en weer opgestaan het, dan ook dat God dié wat ontslaap het . . . saam met hom sal bring . . . Ons, die lewendes wat tot die teenwoordigheid van die Here bly lewe, [sal] die ontslapenes hoegenaamd nie . . . voorgaan nie; want die Here self sal uit die hemel neerdaal met ’n gebiedende roep, . . . en dié wat dood is in eenheid met Christus, sal eerste opstaan. Daarna sal ons, die lewendes wat oorbly, saam met hulle in wolke weggeruk word om die Here in die lug te ontmoet; en so sal ons altyd by die Here wees.”—1 Tess. 4:13-17.
18 Die eerste opstanding, die hemelse opstanding, het begin nadat Christus se “teenwoordigheid” begin het. Gesalfdes wat op die aarde lewe tydens die groot verdrukking, sal “in wolke weggeruk word”. Dié wat “weggeruk word”, sal nie dood wees vir ’n lang tyd nie. Hulle sal “in ’n oomblik, in ’n oogwink [verander word], gedurende die laaste trompet”.—Matt. 24:31; 1 Kor. 15:51, 52.
-
-
“Ek het die hoop op God”Die Wagtoring (Studie-uitgawe) — 2017 | Desember
-
-
20. Hoekom kan ons seker wees dat die opstanding ordelik sal gebeur?
20 Die Bybel sê dat dié wat hemel toe gaan, “elkeen in sy eie rangorde” opgewek sal word (1 Kor. 15:23). Daarom kan ons seker wees dat die aardse opstanding ook ordelik sal wees. Dit is ’n interessante punt. Sal dié wat onlangs gesterf het, opgewek word kort ná die begin van Christus se Duisendjarige Heerskappy en deur hulle geliefdes terugverwelkom word? Sal getroue manne van die verlede wat goeie leiers was, vroeër opgewek word om te help om God se knegte te organiseer? Wat van persone wat Jehovah nooit gedien het nie? Waar en wanneer sal hulle opgewek word? Ons kan baie sulke vrae vra. Maar ons hoef ons nie nou daaroor te bekommer nie. Is dit nie beter om te wag en te sien wat gebeur nie? Ons kan seker wees dat dit opwindend sal wees om te sien hoe Jehovah dinge sal doen.
-