-
Het jy geweet?Die Wagtoring — 2010 | Augustus 1
-
-
▪ Paulus het geskryf: “God [voer ons mee] in gemeenskap met die Christus in ’n triomftog . . . en [maak] die geur van die kennis van hom deur middel van ons op elke plek waarneembaar . . . ! Want vir God is ons ’n soet geur van Christus onder dié wat gered word en onder dié wat vergaan; vir laasgenoemdes ’n geur wat uit die dood uitgaan tot die dood, vir eersgenoemdes ’n geur wat uit die lewe uitgaan tot die lewe.”—2 Korintiërs 2:14-16.
-
-
Het jy geweet?Die Wagtoring — 2010 | Augustus 1
-
-
Die metafoor van die “soet geur van Christus” wat lewe vir party en dood vir ander beteken, is “waarskynlik afkomstig van die Romeinse gebruik om wierook langs die weg van die optog te brand”, sê The International Standard Bible Encyclopedia. “Die geur wat vir die oorwinnaars oorwinning gesimboliseer het, het die gevangenes laat dink aan die teregstelling wat waarskynlik op hulle gewag het.”a
-