-
Moenie skei wat God onder een juk saamgevoeg het nieDie Wagtoring – 2007 | Mei 1
-
-
13. Watter beginsels bevat die Bybel wat vrouens kan help?
13 Die Bybel bevat ook beginsels wat vrouens kan help. Efesiërs 5:22-24, 33 sê: “Laat vrouens onderdanig wees aan hulle mans soos aan die Here, want ’n man is die hoof van sy vrou, soos die Christus ook die hoof van die gemeente is, hy as redder van hierdie liggaam. Trouens, soos die gemeente aan die Christus onderdanig is, so moet vrouens dit ook in alles aan hulle mans wees. . . . Die vrou . . . moet diep respek vir haar man hê.”
-
-
Moenie skei wat God onder een juk saamgevoeg het nieDie Wagtoring – 2007 | Mei 1
-
-
15. Wat is van die raad vir vrouens wat in die Bybel gevind word?
15 Paulus het ook gesê dat ’n vrou “diep respek vir haar man [moet] hê”. ’n Christenvrou moet ’n “stille en sagmoedige gees” openbaar, nie haar man se gesag aanmatigend betwis of ’n onafhanklike weg inslaan nie (1 Petrus 3:4). ’n Godvrugtige vrou werk hard tot voordeel van die huisgesin en strek haar hoof tot eer (Titus 2:4, 5). Sy sal daarna streef om goed te praat van haar man en dus niks doen wat sal veroorsaak dat ander hom nie respekteer nie. Sy sal haar ook inspan om tot die sukses van sy besluite by te dra.—Spreuke 14:1.
16. Wat kan Christenvrouens uit die voorbeelde van Sara en Rebekka leer?
16 Om ’n stille en sagmoedige gees te hê, beteken nie dat ’n Christenvrou geen opinie het of dat haar gedagtes onbelangrik is nie. Godvrugtige vroue van die ou tyd, soos Sara en Rebekka, het die inisiatief geneem om hulle besorgdheid oor sake uit te spreek, en die Bybelverslag toon dat Jehovah hulle handelswyse goedgekeur het (Genesis 21:8-12; 27:46–28:4). Christenvrouens kan ook hulle gevoelens uitspreek. Maar hulle moet dit op ’n bedagsame wyse doen, nie neerhalend nie. Hulle sal waarskynlik vind dat hierdie soort kommunikasie aangenamer en doeltreffender sal wees.
-