Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Ouers—Help julle kinders om wys te word vir redding
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe)—2017
    • 3. (a) Hoe het Timoteus ’n Christen geword, en hoe het hy toegepas wat hy geleer het? (b) Watter drie dinge het Paulus vir Timoteus genoem?

      3 In die jaar 47 het die apostel Paulus Listra vir die eerste keer besoek. Dit is moontlik waar Timoteus, wat toe ’n tiener was, van Jesus geleer het. Timoteus het toegepas wat hy geleer het, en toe twee jaar later saam met Paulus begin reis. Omtrent 16 jaar later het Paulus aan Timoteus geskryf: “Bly . . . in die dinge wat jy geleer het en oortuig is om te glo, aangesien jy weet by watter persone jy dit geleer het en dat jy van kleintyd af die heilige geskrifte [die Hebreeuse Geskrifte] geken het, wat jou wys kan maak tot redding deur die geloof in verband met Christus Jesus” (2 Tim. 3:14, 15). Let op dat Paulus gesê het dat Timoteus (1) die heilige geskrifte geken het, (2) oortuig was om te glo wat hy geleer het en (3) wys geword het vir redding deur geloof in Christus Jesus.

  • Ouers—Help julle kinders om wys te word vir redding
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe)—2017
    • ‘OORTUIG OM TE GLO’

      5. (a) Wat beteken dit om ‘oortuig te wees om te glo’? (b) Hoe weet ons dat Timoteus oortuig was om die goeie nuus oor Jesus te glo?

      5 Kennis van die Bybel is belangrik. Maar dit is nie genoeg om jou kinders net van die mense en gebeure in die Bybel te leer nie. Timoteus was ook ‘oortuig om te glo’. Hierdie uitdrukking in die oorspronklike taal beteken “om verseker te word van” of “om seker te wees dat iets waar is”. Timoteus het die Hebreeuse Geskrifte van kleintyd af geken. Maar later was hy oortuig dat Jesus die Messias was. Timoteus se geloof was so sterk, dat hy gedoop is en ’n sendeling geword het saam met Paulus.

      6. Hoe kan jy jou kinders help om hulle geloof in God se Woord op te bou?

      6 Hoe kan jy jou kinders help om geloof soos Timoteus te hê sodat hulle ook oortuig is om te glo? Eerstens, wees geduldig. ’n Mens word nie oornag oortuig nie. En net omdat jy geloof het in iets, beteken dit nie dat dit na jou kinders oorgedra sal word nie. Elke kind moet sy eie “denkvermoë” gebruik om geloof in die Bybel op te bou. (Lees Romeine 12:1.) As ’n ouer, speel jy ’n belangrike rol om jou kinders se geloof te versterk, veral as hulle vrae het. Kom ons kyk na ’n voorbeeld.

      7, 8. (a) Hoe wys ’n Christenpa dat hy geduld het wanneer hy sy dogter leer? (b) Wanneer moes jy geduldig met jou kind wees?

      7 Thomas, die pa van ’n 11-jarige dogter, vertel dat sy dogter hom soms vrae vra, soos: “Kon Jehovah evolusie gebruik het om lewe op die aarde te skep?” of “Hoekom help ons nie in die gemeenskap om dinge beter te maak nie, soos om te stem?” Hy sê: “Soms moet ek myself keer om nie net vir haar te sê wat sy moet glo nie. Dit is nie net een groot ding wat jou oortuig nie. Dit is ’n klomp klein stukkies bewyse wat jou van iets oortuig.”

      8 Thomas weet ook dat hy geduldig moet wees wanneer hy sy dogter leer. Maar eintlik het alle Christene geduld nodig (Kol. 3:12). Thomas besef dat hy ’n hele paar gesprekke oor ’n lang tyd met sy dogter sal moet hê. Hy moet met haar redeneer oor wat sy uit die Bybel leer sodat sy ook oortuig kan wees. Thomas sê: “Ek en my vrou wil graag weet of ons dogter werklik glo wat sy leer en dit verstaan, veral oor belangrike dinge. Dit is goed as sy vrae het. Ek sal nogal bekommerd wees as sy net iets aanvaar sonder om vrae te vra.”

      9. Hoe kan jy jou kinders help om te glo wat God se Woord sê?

      9 As ouers hulle kinders geduldig leer, sal die kinders met tyd “die breedte en lengte en hoogte en diepte” van geloof verstaan (Ef. 3:18). Ons kan hulle op ’n manier leer wat hulle sal verstaan en wat by hulle ouderdom sal pas. As hulle oortuig is van wat hulle leer, sal dit vir hulle makliker wees om hulle geloof voor ander te verdedig, selfs voor hulle skoolmaats (1 Pet. 3:15). Byvoorbeeld, kan jou kinders uit die Bybel verduidelik wat met ons gebeur wanneer ons sterf? Verstaan hulle die Bybel se verduideliking?* Onthou dat jy geduldig moet wees om jou kind te help om in God se Woord te glo, maar dit is die moeite werd.—Deut. 6:6, 7.

      10. Wat moet ’n belangrike deel van jou onderrigting wees?

      10 Jou voorbeeld is ook belangrik om jou kinders te help om hulle geloof op te bou. Stephanie, ’n ma van drie dogters, sê: “Vandat my kinders baie klein was, moes ek my afvra: ‘Vertel ek my kinders hoekom ek oortuig is dat Jehovah bestaan, van sy liefde en dat hy regverdig is? Kan my kinders sien dat ek regtig vir Jehovah lief is?’ Ek kan nie verwag dat my kinders oortuig moet wees as ek nie oortuig is nie.”

Afrikaanse publikasies (1975-2021)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2021 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel