-
Goedhartigheid—Noodsaaklik in God se oëDie Wagtoring — 2012 | September 1
-
-
Aangesien goedhartigheid nie net ’n onafskeibare deel van die mensenatuur is nie, maar ook iets baie kosbaars in God se oë is, is dit dus te verstane dat God vir ons sê om ‘goedhartig teenoor mekaar te word’ (Efesiërs 4:32). Ons word ook herinner: “Moenie die gasvryheid vergeet nie”, oftewel “goedhartigheid teenoor vreemdelinge”.—Hebreërs 13:2, voetnoot in NW.
-
-
Goedhartigheid—Noodsaaklik in God se oëDie Wagtoring — 2012 | September 1
-
-
Dit is interessant dat die apostel Paulus, nadat hy oor die betoning van goedhartigheid teenoor vreemdelinge gepraat het, verder gesê het: “Party [het], sonder dat hulle dit geweet het, engele onthaal.” Kan jy jou indink hoe jy sou voel as jy die geleentheid gegee is om engele te onthaal? Maar Paulus het dit met die uitdrukking “sonder dat hulle dit geweet het” ingelei. Hy sê met ander woorde dat ons, as ons die gewoonte het om goedhartigheid teenoor ander te betoon, insluitende vreemdelinge of mense wat ons nie so goed ken nie, dalk op onverwagse maniere beloon sal word.
Die meeste Bybelvertalings met kruisverwysings verbind Paulus se woorde met die verslae oor Abraham en Lot in Genesis hoofstukke 18 en 19. In al twee gevalle lees ons van engele wat as vreemdelinge aan hulle verskyn met belangrike boodskappe. Vir Abraham het hulle ’n boodskap gebring oor die vervulling van God se belofte van ’n seun, en vir Lot het hulle ’n boodskap gebring oor verlossing van die naderende verwoesting van die stede Sodom en Gomorra.—Genesis 18:1-10; 19:1-3, 15-17.
As jy die teksverwysings hierbo lees, sal jy oplet dat Abraham sowel as Lot goedhartigheid betoon het aan vreemdelinge wat daar verbygegaan het. In Bybeltye was dit natuurlik die gebruik en ’n plig om gasvryheid aan reisigers en verbygangers te betoon—of dit nou vriende, familielede of vreemdelinge was. Trouens, die Mosaïese Wet het vereis dat Israeliete nie die behoeftes van die nie-Israeliete in die land oorsien nie (Deuteronomium 10:17-19). Dit is nogtans duidelik dat Abraham en Lot meer gedoen het as wat later deur die wet vereis is. Hulle het baie moeite gedoen om goedhartigheid teenoor vreemdelinge te betoon, en hulle is daarvoor geseën.
Abraham se goedhartige dade is geseën deurdat hy ’n seun gekry het. Maar sy goedhartigheid het ook vir ons seëninge meegebring. In watter opsig? Abraham en sy seun Isak het ’n baie belangrike rol in die vervulling van God se voorneme gespeel. Hulle het sleutelfigure in die geslagslyn geword wat na die Messias, Jesus, gelei het. En hulle getroue weg het voorafgeskadu hoe die grondslag vir die mens se redding danksy God se liefde en onverdiende goedhartigheid voorsien sou word.—Genesis 22:1-18; Matteus 1:1, 2; Johannes 3:16.
-