-
God se rus—Het jy daar ingegaan?Die Wagtoring — 2011 | Julie 15
-
-
“Die woord van God is lewend”
20. Op watter twee maniere kan Hebreërs 4:12 toegepas word? (Sien voetnoot.)
20 Toe Paulus geskryf het: “Die woord van God is lewend”, het hy nie spesifiek na God se geskrewe Woord, die Bybel, verwys nie.c Die konteks toon dat hy na God se woord van belofte verwys het. Die punt wat Paulus gestel het, was dat God nie ’n belofte maak en dan daarvan vergeet nie. Jehovah het dit deur middel van die profeet Jesaja bevestig: “My woord . . . sal nie sonder resultate na my toe terugkeer nie, maar dit sal . . . beslis sukses behaal in alles waarvoor ek dit gestuur het” (Jes. 55:11). Ons hoef dus glad nie ongeduldig te raak wanneer dinge nie so vinnig gebeur as wat ons dalk wil hê nie. Jehovah ‘hou aan werk’ met die doel om sy voorneme suksesvol te verwesenlik.—Joh. 5:17.
21. Hoe kan Hebreërs 4:12 getroue ouer lede van die “groot menigte” aanmoedig?
21 Getroue ouer lede van die “groot menigte” dien Jehovah al dekades lank (Op. 7:9). Baie het nooit verwag dat hulle in hierdie stelsel van dinge sou oud word nie. Hulle het nogtans nie aan ontmoediging toegegee nie (Ps. 92:14). Hulle besef dat God se woord van belofte nie ’n dooie kwessie is nie—dit is lewend, en Jehovah werk met die doel om dit te vervul. Aangesien God se voorneme hom na aan die hart lê, verskaf ons hom vreugde wanneer ons dit duidelik voor oë hou. Jehovah het gedurende hierdie sewende dag gerus, met die sekerheid dat sy voorneme verwesenlik sal word en dat sy volk, as ’n groep, dit sal ondersteun. Wat van jou? Het jy persoonlik in God se rus ingegaan?
-
-
God se rus—Het jy daar ingegaan?Die Wagtoring — 2011 | Julie 15
-
-
c Vandag praat God met ons deur sy geskrewe Woord, wat die krag het om ons lewe te beïnvloed. By uitbreiding kan Paulus se woorde in Hebreërs 4:12 dus tereg op die Bybel toegepas word.
-