Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • ‘Hy het ons eerste liefgehad’
    Kom nader aan Jehovah
    • “God is liefde”

      15. Watter verklaring maak die Bybel oor Jehovah se liefde, en in watter opsig is hierdie verklaring uniek? (Sien ook voetnoot.)

      15 Die Bybel sê iets van liefde wat dit nooit van Jehovah se ander hoofeienskappe sê nie. Die Skrif sê nie dat God krag is of dat God geregtigheid is of selfs dat God wysheid is nie. Hy besit hierdie eienskappe, is die uiteindelike bron daarvan en is weergaloos wat al drie betref. Maar van die vierde eienskap word iets betekenisvoller gesê: “God is liefde” (1 Johannes 4:8).* Wat beteken dit?

      16-18. (a) Waarom sê die Bybel “God is liefde”? (b) Waarom is die mens, van al die skepsele op aarde, ’n gepaste simbool van Jehovah se liefde?

      16 “God is liefde” is nie bloot ’n vergelyking asof dit sê “God is gelyk aan liefde” nie. Ons kan nie die verklaring omdraai en sê “liefde is God” nie. Jehovah is baie meer as ’n abstrakte eienskap. Hy is ’n persoon met ’n groot verskeidenheid gevoelens en eienskappe benewens liefde. Maar liefde is ’n fundamentele eienskap van Jehovah. ’n Naslaanwerk sê gevolglik oor hierdie vers: “God se wese of natuur is liefde.” In ’n algemene sin kan ons so daaraan dink: Jehovah se krag stel hom in staat om op te tree. Sy geregtigheid en sy wysheid rig die manier waarop hy optree. Maar Jehovah se liefde beweeg hom om op te tree. En sy liefde is altyd teenwoordig in die manier waarop hy sy ander eienskappe gebruik.

      17 Daar word dikwels gesê dat Jehovah die verpersoonliking van liefde is. As ons dus van beginselvaste liefde wil leer, moet ons van Jehovah leer. Ons kan natuurlik hierdie pragtige eienskap ook in mense sien. Maar waarom is dit daar? Tydens die skepping het Jehovah hierdie woorde gespreek, blykbaar tot sy Seun: “Laat ons mense maak na ons beeld, ooreenkomstig ons gelykenis” (Genesis 1:26). Van al die skepsele op hierdie aarde kan net mans en vroue besluit om lief te hê en sodoende hulle hemelse Vader navolg. Onthou dat Jehovah verskillende skepsele gebruik het om sy hoofeienskappe voor te stel. Maar Jehovah het sy hoogste aardse skepping, die mens, gekies as die simbool van Sy vernaamste eienskap, liefde.—Esegiël 1:10.

  • ‘Hy het ons eerste liefgehad’
    Kom nader aan Jehovah
    • Ander verklarings in die Bybel het ’n soortgelyke konstruksie. Byvoorbeeld: “God [is] lig” en “God is . . . ’n verterende vuur” (1 Johannes 1:5; Hebreërs 12:29). Maar dit moet verstaan word as metafore, want dit vergelyk Jehovah met fisiese dinge. Jehovah is soos lig, want hy is heilig en regverdig. Daar is geen “duisternis”, of onreinheid, in hom nie. En hy kan met vuur vergelyk word weens die gebruik van sy vernietigingskrag.

Afrikaanse publikasies (1975-2021)
Teken af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2021 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel