Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • ‘Hy was vir God welbehaaglik’
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Publieke uitgawe)—2017
    • HENOG HET “OOR HULLE GEPROFETEER”

      Henog het dalk gevoel dat hy die enigste man van geloof is in ’n wêreld sonder geloof. Maar het sy God, Jehovah, sy geloof raakgesien? Beslis. Op ’n dag het Jehovah met hierdie getroue kneg van hom gekommunikeer. God het vir Henog ’n boodskap gegee om aan die mense van sy dag oor te dra. Hy het Henog dus ’n profeet gemaak, die eerste profeet wie se boodskap in die Bybel geopenbaar word. Ons weet hiervan omdat Judas, ’n halfbroer van Jesus, eeue later geïnspireer is om Henog se profetiese woorde neer te skryf.*

      Wat was Henog se profesie? Hy het gesê: “Kyk! Jehovah het met sy heilige tienduisende gekom, om aan almal oordeel te voltrek en om al die goddeloses skuldig te bevind aan al hulle goddelose dade wat hulle op ’n goddelose wyse gedoen het en aan al die skokkende dinge wat goddelose sondaars teen hom gespreek het” (Judas 14, 15). Jy let moontlik dadelik op dat Henog in die verlede tyd praat, asof God reeds gedoen het wat die profesie beskryf. Dit is ’n patroon wat baie profesieë daarna gevolg het. Die punt is: Die profeet is so seker dat iets wat nog moet gebeur, beslis sal gebeur dat hy dit beskryf asof dit reeds gebeur het!—Jesaja 46:10.

      Henog preek vir goddelose mense

      Henog was nie bang om God se boodskap aan ’n vyandige wêreld bekend te maak nie

      Hoe het Henog gevoel oor die feit dat hy hierdie boodskap aan almal moes verkondig? Let op hoe kragtig die waarskuwing was—dit gebruik die woord “goddelose” vier keer om die mense, hulle dade en die wyse waarop hulle hierdie dade uitgevoer het, te veroordeel. Die profesie het dus alle mense gewaarsku dat die wêreld wat hulle opgebou het sedert die mens uit die tuin van Eden verdryf is, deur en deur sleg was. Daardie wêreld sou voor ’n rampspoedige einde te staan kom wanneer Jehovah met sy “heilige tienduisende”—’n groot leër magtige engele wat gereed is om te veg—sou kom om vernietiging te bring. Henog het hierdie goddelike waarskuwing moedig bekendgemaak en hy het dit stoksielalleen gedoen! Dalk het die jong Lameg hom dopgehou, verstom oor sy oupa se moed. Indien wel, kan ons verstaan waarom.

      Henog se geloof kan ons dalk beweeg om te dink of ons die wêreld waarin ons lewe, sien soos God dit sien. Die oordeelsboodskap wat Henog moedig verkondig het, geld nog steeds; dit is op vandag se wêreld van toepassing net soos dit op die wêreld in Henog se dag van toepassing was. In ooreenstemming met Henog se waarskuwing het Jehovah die groot Vloed oor die goddelose wêreld van Noag se dag gebring. Maar daardie vernietiging het die grondslag gelê vir ’n groter vernietiging wat nog moet kom (Matteus 24:38, 39; 2 Petrus 2:4-6). Vandag, net soos destyds, staan God gereed met sy heilige tienduisende om ’n regverdige oordeel te bring oor ’n goddelose wêreld. Elkeen van ons moet ag slaan op Henog se waarskuwing en ander daarvan vertel. Ons familie en vriende sal ons dalk nie ondersteun nie. En soms sal ons dalk alleen voel. Maar Jehovah het Henog nooit verlaat nie, en hy sal sy getroue knegte van vandag ook nooit verlaat nie!

  • ‘Hy was vir God welbehaaglik’
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Publieke uitgawe)—2017
    • Party Bybelgeleerdes beweer dat Judas aangehaal het uit ’n apokriewe boek wat die Boek van Henog genoem word. Maar hierdie boek, wat verkeerdelik aan Henog toegeskryf word, is ’n vergesogte verslag waarvan die oorsprong onbekend is. Dit bevat ’n akkurate weergawe van Henog se profesie, maar die inligting kom dalk van ’n onbekende eertydse bron—moontlik ’n geskrewe dokument of ’n mondelinge tradisie. Judas het moontlik dieselfde eertydse bron gebruik. Of Jesus, wat Henog se lewe eerstehands uit die hemel gesien het, het hom dalk hiervan vertel.

Afrikaanse publikasies (1975-2021)
Teken af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2021 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel