-
God se Koninkryk—Voortrefliker in elke opsigDie Wagtoring – 2006 | Julie 15
-
-
Jesus en sy medeheersers regeer vanuit ’n verhewe posisie.
In sy droomvisioen het Daniël ook gesien dat “die koninkryk en die heerskappy . . . gegee [is] aan die volk wat die heiliges” is (Daniël 7:27). Jesus regeer nie alleen nie. Daar is ander saam met hom wat as konings sal regeer en as priesters sal dien (Openbaring 5:9, 10; 20:6). Aangaande hulle het die apostel Johannes geskryf: “Ek het gesien, en kyk! die Lam het op die berg Sion gestaan, en saam met hom honderd-vier-en-veertigduisend . . . wat van die aarde gekoop is.”—Openbaring 14:1-3.
Die Lam is Jesus Christus in sy Koninkryksposisie (Johannes 1:29; Openbaring 22:3). Hierdie berg Sion verwys na die hemel (Hebreërs 12:22).a Jesus en sy 144 000 medeheersers regeer vanuit die hemel. Wat ’n verhewe posisie tog om vanuit te regeer! Omdat hulle in die hemel is, het hulle ’n breër perspektief. Aangesien die hemel die setel van “die koninkryk van God” is, word dit ook “die koninkryk van die hemele” genoem (Lukas 8:10; Matteus 13:11). Geen wapens, nie eers kernaanvalle nie, kan hierdie hemelse regering bereik en dit omverwerp nie. Dit is onoorwinlik en sal Jehovah se voorneme daarmee verwesenlik.—Hebreërs 12:28.
-
-
God se Koninkryk—Voortrefliker in elke opsigDie Wagtoring – 2006 | Julie 15
-
-
a Koning Dawid van eertydse Israel het die vesting van die aardse berg Sion van die Jebusiete afgeneem en dit sy hoofstad gemaak (2 Samuel 5:6, 7, 9). Hy het ook die heilige Ark daarheen verskuif (2 Samuel 6:17). Aangesien die Ark met Jehovah se teenwoordigheid verbind is, is daar na Sion as God se woonplek verwys, wat dit ’n gepaste simbool van die hemel maak.—Eksodus 25:22; Levitikus 16:2; Psalm 9:11; Openbaring 11:19.
-