Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Wend jou tot Jehovah om vertroosting
    Die Wagtoring – 1996 | November 1
    • 5 Sodoende het die sondige egpaar begin sterf. Toe God hulle ter dood veroordeel het, het hy ook vir Adam gesê: “Vervloek is die aarde om jou ontwil; met moeite sal jy daarvan eet al die dae van jou lewe. Ook sal dit vir jou dorings en distels voortbring; en jy sal die plante van die veld eet” (Genesis 3:17, 18). Adam en Eva het derhalwe die geleentheid verbeur om van die onbewerkte aarde ’n paradys te maak. Nadat hulle uit Eden uitgedryf is, moes hulle hard werk om voedsel te verkry van die grond wat vervloek is. Hulle nakomelinge, wat hierdie sondige, sterwende toestand oorgeërf het, het gevolglik ’n groot behoefte aan vertroosting gehad.—Romeine 5:12.

  • Wend jou tot Jehovah om vertroosting
    Die Wagtoring – 1996 | November 1
    • 8 Jehovah het hom voorgeneem om daardie goddelose wêreld deur ’n wêreldvloed te vernietig, maar hy het Noag eers ’n ark laat bou sodat lewe gespaar kon word. Sodoende is die menseras en die verskillende diersoorte gered. Hoe verlig moes Noag en sy gesin tog nie ná die Vloed gevoel het toe hulle uit die ark op ’n gereinigde aarde uitgekom het nie! Dit was voorwaar vertroostend om te vind dat daar nie meer ’n vloek op die aarde was nie, wat landboubedrywighede toe soveel makliker gemaak het! Lameg se profesie is inderdaad bewaarheid, en Noag se optrede het gestrook met die betekenis van sy naam (Genesis 8:21). As ’n getroue kneg van God het Noag ’n belangrike rol daarin gespeel om ’n mate van “vertroosting” aan die mensdom te verskaf. Maar die goddelose invloed van Satan en sy demoonengele het nie by die Vloed geëindig nie, en die mensdom kreun steeds onder die las van sonde, siekte en die dood.

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel