Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • God het haar “Prinses” genoem
    Die Wagtoring (Publieke uitgawe) — 2017 | Nr. 5
    • Tien jaar is al verby sedert Abraham sy familie en ’n groot groep mense deur die Eufraatrivier na Kanaän gebring het. Sara het haar man op hierdie lang reis die onbekende in gewillig ondersteun, want sy het geweet dat hy ’n belangrike rol sou speel in Jehovah se voorneme om ’n spesiale nageslag en ’n nasie voort te bring. Maar watter rol sou Sara hierin speel? Sy was al 75 jaar oud en kon nooit kinders hê nie. Sy het seker gewonder: ‘Hoe kan Jehovah se belofte waar word terwyl ek Abraham se vrou is?’ ’n Mens kan verstaan dat sy bekommerd, selfs ongeduldig, was.

  • God het haar “Prinses” genoem
    Die Wagtoring (Publieke uitgawe) — 2017 | Nr. 5
    • Sara het nie teruggekyk nie, sy het eerder aan die toekoms gedink. Daarom het sy aangehou om haar man te ondersteun terwyl hy deur die land gereis het. Sy het gehelp om die tente op te pak, met die kuddes te trek en weer kamp op te slaan. Sy het ook ander uitdagings en veranderinge deurgemaak. Jehovah het sy belofte aan Abraham herhaal, maar Sara is weer nie genoem nie!—Genesis 13:14-17; 15:5-7.

      Uiteindelik het Sara besluit dat dit tyd is om Abraham van haar plan te vertel. Stel jou voor hoe sy met haar gevoelens worstel terwyl sy vir hom sê: “Kyk tog! Jehovah het my daarvan uitgesluit om kinders te baar.” Toe het sy haar man gevra om kinders by haar diensmeisie, Hagar, te hê. Kan jy jou voorstel hoe dit Sara ontstel het toe sy haar man vra om dit te doen? Dit klink dalk vir ons vreemd, maar in daardie tyd was dit algemeen vir ’n man om meer as een vrou, of ’n byvrou, te neem sodat hy ’n erfgenaam kon hê.b Het Sara dalk gedink dat dit ’n manier is waarop God se voorneme om ’n nasie deur Abraham voort te bring, vervul kon word? Wat die geval ook al was, sy was bereid om ’n groot opoffering te maak. Hoe het Abraham gereageer? Ons lees dat hy “na die stem van [Sara] geluister” het.—Genesis 16:1-3.

      Het Jehovah Sara beweeg om hierdie voorstel te maak? Nee. Haar voorstel wys eerder dat sy dinge uit ’n menslike oogpunt gesien het. Sy het geglo dat God haar probleme veroorsaak en het nie gedink dat hy ’n ander oplossing sou hê nie. Sara se eie oplossing sou vir haar baie pyn en probleme veroorsaak. Maar die feit dat sy so ’n voorstel gemaak het, wys dat sy glad nie selfsugtig was nie. Ons lewe in ’n wêreld waar die meeste mense gewoonlik hulle eie begeertes eerste stel, en daarom is Sara se onselfsugtige gesindheid iets buitengewoons. As ons bereid is om God se voorneme eerste in ons lewe te stel en nie ons eie selfsugtige belange soek nie, sal ons Sara se geloof navolg.

Afrikaanse publikasies (1975-2027)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel