Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • ’n Tyd van herskepping
    Oorlewing tot in ’n nuwe aarde
    • 6. Vertel kortliks wat op die Versoendag plaasgevind het.

      6 By Israel se heilige tabernakel, en later by die tempel, was daar ’n hoëpriester wat ’n lid van die Levitiese huis van Aäron was. Ander manlike lede van Aäron se huis was onderpriesters, en die res van die mans van die stam van Levi het as helpers gedien. Om vir sondes versoening te doen, het die hoëpriester twee diere geoffer en elkeen se bloed afsonderlik in die Allerheiligste ingebring, soos Jehovah voorgeskryf het. Eers het die Aäronitiese hoëpriester ’n jong bul „vir hom en sy huis”, wat die hele stam van Levi ingesluit het, geoffer (Levitikus 16:11, 14). Daarna is ’n bok as sondoffer „vir die volk”, die ander twaalf stamme, aangebied (Levitikus 16:15). Daarbenewens is die sondes van die hele Israel oor die kop van ’n lewende bok bely, en dié is dan na die woestyn weggelei (Levitikus 16:21, 22). Wat het dit alles beteken?

  • ’n Tyd van herskepping
    Oorlewing tot in ’n nuwe aarde
    • 8. (a) Hoe het die prosedure op die Versoendag aangedui wie eerste uit Christus se offerande voordeel sou trek? (b) Watter aanwending van Jesus se offerande is aangedui deur die sondoffer „vir die volk”? (c) Watter ander aspek word toegelig deur die feit dat ’n bok na die woestyn weggelei is?

      8 Net soos bloed van die bul wat vir die huis van Aäron geoffer is eerste in die Allerheiligste ingeneem is, so is die voordele van Jesus se offerande eers aangewend ten behoewe van diegene wat saam met Christus aan die hemelse priesterdom verbonde sou wees. Dit is van 33 G.J. af gedoen. Jesus Christus het nie soos Aäron sondes gehad waarvoor versoening gedoen moes word nie, maar diegene wat saam met Christus onderpriesters sal wees, is wel sondig. Hulle is deur die stam van Levi afgebeeld (1 Petrus 2:4, 5). Die aanbieding van bloed van ’n tweede offerande, die bok van die sondoffer „vir die volk”, het aangedui dat ander lede van die mensdom ná die hemelse klas uit Jesus se offerande voordeel sou trek. Dit sou persone wees wat die lewe in die herstelde Paradys op aarde sou ontvang. Hulle is op die Versoendag afgebeeld deur „die twaalf [nie-priesterlike] stamme van Israel” (Mattheüs 19:28; Psalm 37:29). Jesus het nie alleen vir hulle almal gesterf nie, maar hy dra ook die sondes weg van diegene vir wie hy ’n offerdood gesterf het en bring sodoende verligting vir hulle. Dit is aangedui deur die feit dat, nadat die sondes van Israel oor ’n lewende bok bely is, dit na die woestyn weggelei en nooit weer gesien is nie.—Psalm 103:12; Jesaja 53:4-6.

Afrikaanse publikasies (1975-2027)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel