-
Wat vra Jehovah van ons?Die Wagtoring — 2009 | Oktober 1
-
-
Wat vra Jehovah van ons?
OM GEHOORSAAM te wees of nie—dit is nie altyd ’n maklike besluit nie. As iemand in ’n gesagsposisie hardvogtig of veeleisend is, sal sy ondergeskiktes hom waarskynlik net teësinnig gehoorsaam. Maar Jehovah God se aanbidders gehoorsaam hom uit vrye wil. Waarom? Kom ons ondersoek Moses se woorde wat in Deuteronomium 10:12, 13 opgeteken staan, om dié vraag te beantwoord.a
Toe Moses God se vereistes opgesom het, het hy ’n interessante vraag gestel: “Wat . . . vra Jehovah jou God van jou?” (vers 12). God het die reg om enigiets van ons te vra. Hy is immers die Soewereine Heer asook die Bron en Onderhouer van lewe (Psalm 36:9; Jesaja 33:22). Jehovah het dus die absolute reg op ons gehoorsaamheid. Maar hy wil nie gedwonge gehoorsaamheid hê nie. Wat vra hy dan van ons? Dat ons “uit die hart gehoorsaam” moet wees.—Romeine 6:17.
Wat kan ons beweeg om God gewillig te gehoorsaam? Moses noem een faktor wanneer hy sê: ‘Vrees Jehovah jou God’b (vers 12). Dit is nie ’n morbiede vrees vir slegte gevolge nie, maar eerder ’n heilsame, eerbiedige agting vir God en sy weë. As ons met ’n diepe ontsag vir God vervul is, sal ons hom nie wil mishaag nie.
Maar wat moet die vernaamste beweegrede wees vir ons gehoorsaamheid aan God? Moses sê: ‘Jy moet hom [Jehovah] liefhê en Jehovah jou God dien met jou hele hart en jou hele siel’ (vers 12). Liefde vir God behels meer as net gevoelens. Een naslaanwerk verduidelik: “Hebreeuse werkwoorde wat gevoelens uitdruk, verwys soms ook na die handelinge wat dit tot gevolg het.” Dieselfde naslaanwerk sê dat om God lief te hê, beteken “om liefdevol [teenoor hom] op te tree”. Met ander woorde, as ons God werklik liefhet, sal ons optree op maniere wat ons weet God behaag.—Spreuke 27:11.
In watter mate moet ons aan God gehoorsaam wees? Moses sê: ‘Wandel in al sy [God se] weë’ (vers 12). Jehovah wil hê dat ons alles moet doen wat hy van ons vra. Sal hierdie algehele gehoorsaamheid moontlik tot ons nadeel wees? Beslis nie.
-
-
Wat vra Jehovah van ons?Die Wagtoring — 2009 | Oktober 1
-
-
a Hoewel Moses se woorde op eertydse Israel van toepassing was, geld die beginsel vandag nog vir almal wat God wil behaag.—Romeine 15:4.
-