Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Doen jy God se wil?
    Die Wagtoring – 1994 | Maart 1
    • Behou die vreugde om God se wil te doen

      Koning Dawid van eertydse Israel was iemand wat sy hele lewe lank daarna gestrewe het om God se wil te doen. Ten spyte van die baie ontberinge en druk waarmee hy te kampe gehad het, is hy geïnspireer om te sê: “Ek het lus, o my God, om u welbehae te doen, en u wet is binne-in my ingewande” (Psalm 40:9). Om Jehovah se wil te doen, was ’n deel van Dawid se siel, sy wese. Dit was die geheim van sy onverwelklike vreugde in Jehovah se diens. Dit was nie vir Dawid moeilik om God se wil te doen nie. Dit was eerder ’n genot, iets wat uit sy hart gekom het. Hy het sy hele lewe lank daarna gestrewe om sy God, Jehovah, na sy beste vermoë te dien al het hy soms gesondig en te kort geskiet.

      Ons vreugde kan soms afneem. Ons kan moeg of mismoedig raak. Miskien spook ons verlede by ons omdat ons gewete ons kwel oor die een of ander sonde wat ons lank gelede gedoen het. Ons kan hierdie gevoelens dikwels oorwin deur ’n deegliker studie van God se Woord te maak. Ons kan daarna strewe om, soos Dawid, God se wet op ons “ingewande” te skryf. As ons God se wil van harte, dit wil sê na ons beste vermoë, probeer doen, sal hy ons dienooreenkomstig beloon omdat hy getrou is.—Efesiërs 6:6; Hebreërs 6:10-12; 1 Petrus 4:19.

      Dit is interessant dat die apostel Paulus in Hebreërs 10:5-7 Dawid se woorde in Psalm 40:7-9 aangehaal en hulle op Jesus Christus toegepas het. Daardeur het Paulus getoon hoe na Jesus aan sy Vader was. Die Hebreeuse woord vir “wil” dra die gedagte oor van ‘genot, begeerte, guns of behae’. Psalm 40:9 sê dus as ’t ware van die Christus: “Ek het lus, o my God, om u welbehae te doen.”a Jesus wou doen wat sy Vader behaag. Jesus het meer gedoen as wat van hom verwag is. Hy het gedoen wat sy Vader na aan die hart gelê het, en hy het dit geniet.

      Die middelpunt van Jesus se hele lewe was om ander te leer wat God se wil is en wat hulle moet doen om God se seën te verkry. Hy was ’n voltydse prediker en onderrigter en het baie vreugde uit daardie werk geput. Hoe meer ons Jehovah se werk doen, des te meer vreugde sal ons ondervind. Kan jy ook aan die voltydse predikingswerk deelneem sodat jou vreugde ook oorvloedig kan wees?

  • Doen jy God se wil?
    Die Wagtoring – 1994 | Maart 1
    • a Sien voetnoot oor Psalm 40:8 in NW.

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel