Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • “Jehovah self gee wysheid”
    Die Wagtoring – 1999 | November 15
    • Die wyse koning Salomo van eertydse Israel sê in die liefdevolle woorde van ’n vader: “My seun, as jy my woorde aanneem en my gebooie as ’n skat by jou bewaar, om met jou oor aandag te skenk aan wysheid, sodat jy jou hart tot onderskeidingsvermoë kan neig; as jy bowendien na verstandigheid roep en na onderskeidingsvermoë jou stem verhef, as jy daarna bly soek soos na silwer en dit bly naspeur soos verborge skatte, dan sal jy die vrees van Jehovah verstaan, en jy sal die kennis van God vind.”—Spreuke 2:1-5, NW.

  • “Jehovah self gee wysheid”
    Die Wagtoring – 1999 | November 15
    • Die woorde “as jy” wat in die eerste deel van die tweede hoofstuk van Spreuke herhaal word, word gevolg deur uitdrukkings soos “aanneem”, ‘as ’n skat bewaar’, ‘roep na’, “bly soek”, “bly naspeur”. Waarom gebruik die skrywer hierdie uitdrukkings wat in graad toeneem? ’n Naslaanwerk sê: “Die wyse man beklemtoon [hier] die belangrikheid van ywer in die strewe na wysheid.” Ja, ons moet wysheid en die verwante eienskappe—onderskeidingsvermoë en verstandigheid—ywerig nastreef.

      Sal jy die moeite doen?

      ’n Vername faktor in die strewe na wysheid is ’n ywerige studie van die Bybel. Hierdie studie moet egter baie meer insluit as om net te lees sodat ’n mens inligting kan inwin. Betekenisvolle bepeinsing oor wat ons gelees het, is ’n noodsaaklike deel van ons studie van die Skrif. Om wysheid en onderskeidingsvermoë te verkry, behels dat ons peins oor hoe ons dit wat ons leer, kan gebruik om probleme op te los en besluite te maak. Om verstandig te word, vereis dat ons nadink oor hoe die nuwe materiaal verband hou met wat ons alreeds weet. Wie sal ontken dat so ’n peinsende studie van die Bybel tyd en groot inspanning verg? Die tyd en energie wat daaraan bestee word, is soos wanneer ’n mens ‘na silwer soek en verborge skatte naspeur’. Sal jy die nodige moeite doen? Sal jy ‘die geleë tyd uitkoop’ om dit te doen?—Efesiërs 5:15, 16.

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel