-
“Jehovah self gee wysheid”Die Wagtoring – 1999 | November 15
-
-
Die wyse koning Salomo van eertydse Israel sê in die liefdevolle woorde van ’n vader: “My seun, as jy my woorde aanneem en my gebooie as ’n skat by jou bewaar, om met jou oor aandag te skenk aan wysheid, sodat jy jou hart tot onderskeidingsvermoë kan neig; as jy bowendien na verstandigheid roep en na onderskeidingsvermoë jou stem verhef, as jy daarna bly soek soos na silwer en dit bly naspeur soos verborge skatte, dan sal jy die vrees van Jehovah verstaan, en jy sal die kennis van God vind.”—Spreuke 2:1-5, NW.
-
-
“Jehovah self gee wysheid”Die Wagtoring – 1999 | November 15
-
-
Dink aan die groot skatte wat ons kan ontdek as ons met ’n opregte hart diep in die Bybel delf. Ons sal beslis “die kennis van God” vind—die betroubare, duursame, lewegewende kennis van ons Skepper! (Johannes 17:3). “Die vrees van Jehovah” is ook ’n skat wat ons kan ontdek. Hoe kosbaar is hierdie eerbiedige ontsag vir hom tog! Die gesonde vrees om hom te mishaag, moet elke aspek van ons lewe beheer en geestelikheid verleen aan alles wat ons doen.—Prediker 12:13.
-