Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Wie het die wette gemaak wat ons heelal beheer?
    Die Wagtoring — 2011 | Julie 1
    • 1. Is die heelal rigied?

      Aristoteles het geredeneer dat die hemelsfere rigied is. Die een wat die sterre in posisie gehou het, kon, soos die ander, nie krimp of uitsit nie.

      Bevat die Bybel ’n soortgelyke veronderstelling? Nee; dit maak geen dogmatiese stelling oor hierdie punt nie. Maar let op die interessante beeld wat dit skets: “Daar is Een wat bo die kring van die aarde woon—waarvan die bewoners soos sprinkane is—die Een wat die hemel uitspan soos ’n fyn gaas, wat dit uitsprei soos ’n tent om in te woon.”—Jesaja 40:22.a

      Watter een van die twee maak vandag meer sin—Aristoteles se model of die Bybel se beeld? Hoe beskou die moderne kosmologie die heelal? In die 20ste eeu was sterrekundiges verbaas om uit te vind dat die heelal allesbehalwe rigied is. Trouens, dit lyk of sterrestelsels vinnig van mekaar af wegbeweeg. Min wetenskaplikes, indien enige, het hulle ooit hierdie uitdying van die heelal voorgestel. Vandag glo kosmoloë oor die algemeen dat die heelal in die begin baie kompak was en sedertdien uitdy. In werklikheid het die wetenskap Aristoteles se model ongeldig gemaak.

      Wat van die Bybel se woorde? Dit is nie moeilik om jou voor te stel hoe ’n man soos die profeet Jesaja na die sterrehemel gekyk het wat sierlik in die hemelruim bo hom uitgespan was en gedink het dat die beeld van ’n uitgespreide tent uiters gepas is nie.b Hy het moontlik selfs die ooreenkoms tussen die Melkweg en die voorkoms van “fyn gaas” opgemerk.

      Verder moedig Jesaja se woorde ons aan om beelde in ons gedagtes te vorm. Ons sien dalk ’n tent van Bybeltye in ons geestesoog; moontlik stel ons ons ’n redelike klein bondel sterk materiaal voor wat oopgemaak, oopgevou en uitgesprei word voordat dit oor pale gespan word en as ’n tuiste kan dien. Ons kan ons ook ’n handelaar voorstel wat ’n bondeltjie fyn gaas optel en uitsprei sodat ’n klant dit kan inspekteer. In albei gevalle word iets wat redelik kompak is, uitgesprei sodat dit vir ons lyk asof dit groter word.

      Ons sê natuurlik nie dat die Bybel se poëtiese beeld van ’n tent en fyn gaas veronderstel is om na die uitdying van die fisiese heelal te verwys nie. Maar is dit nie fassinerend dat die Bybel die heelal op ’n manier beskryf wat so goed met die moderne wetenskap strook nie? Jesaja het meer as drie eeue voor Aristoteles se dag gelewe asook duisende jare voordat die wetenskap oortuigende bewyse in verband met hierdie onderwerp voorsien het. Tog hoef die beskrywing wat deur hierdie nederige Hebreeuse profeet opgeteken is, nie hersien te word soos in die geval van Aristoteles se vindingryke model nie.

  • Wie het die wette gemaak wat ons heelal beheer?
    Die Wagtoring — 2011 | Julie 1
    • a Dit is merkwaardig dat die Bybel van die aarde praat as ’n kring, of ’n sfeer, soos die Hebreeuse woord ook vertaal kan word. Aristoteles en ander Grieke van antieke tye het geteoretiseer dat die aarde sfeervormig is, maar daar is nog duisende jare later oor hierdie vraag gedebatteer.

Afrikaanse publikasies (1975-2026)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel