Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Wie is God?
    Geniet die lewe vir ewig! – Bybellesse wat jou kan help
    • 1. Wat is God se naam, en hoe kan ons seker wees dat hy wil hê dat ons sy naam moet ken?

      God stel homself in die Bybel aan ons voor. Hy sê: “Ek is Jehovah. Dit is my naam.” (Lees Jesaja 42:5, 8.) “Jehovah” is die vertaling van ’n Hebreeuse naam wat heel moontlik “Hy laat word” beteken. Jehovah wil hê dat ons sy naam moet ken (Eksodus 3:15). Hoe kan ons daarvan seker wees? Hy het sy naam meer as 7 000 keer in die Bybel laat neerskryf!a Die naam Jehovah behoort aan “die ware God . . . in die hemel daar bo en op die aarde hier onder”. – Deuteronomium 4:39.

  • Hoe kan ons God op ’n aanvaarbare manier aanbid?
    Geniet die lewe vir ewig! – Bybellesse wat jou kan help
    • 2. Hoe moet ons Jehovah aanbid?

      As ons Skepper, verdien Jehovah dat ons heeltemal aan hom toegewyd moet wees (Openbaring 4:11). Dit beteken dat ons hom moet liefhê en hom alleen moet aanbid, sonder om enige voorwerpe of beelde te gebruik. – Lees Jesaja 42:8.

      Ons aanbidding moet “heilig en . . . aanvaarbaar” vir Jehovah wees (Romeine 12:1). Dit beteken dat ons sy wette moet gehoorsaam. Byvoorbeeld, mense wat lief is vir Jehovah, is lief vir sy standaarde vir die huwelik en is gehoorsaam daaraan. En hulle vermy slegte gewoontes, soos om tabak of dwelms te gebruik of om alkohol te misbruik.a

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel