-
“Wees vir ewig bly oor wat ek skep”Jesaja se profesie—Lig vir die hele mensdom II
-
-
7, 8. Op watter maniere het Jehovah se hardkoppige volk hom vertoorn?
7 Die hardkoppige Jode het Jehovah herhaaldelik deur hulle skandelike gedrag vertoorn. Jehovah beskryf hulle aanstootlike dade: “Die volk wat bestaan uit dié wat my voortdurend in my aangesig aanstoot gee, wat in die tuine offerandes bring en op die bakstene offerrook laat opgaan, wat tussen die grafte sit, wat ook die nag in die waghutte deurbring, wat varkvleis eet, terwyl die sous van bedorwe dinge in hulle houers is; wat sê: ‘Hou jou eenkant. Moenie nader kom na my toe nie, want ek sal beslis heiligheid op jou oordra.’ Hierdie mense is ’n rook in my neusgate, ’n vuur wat die hele dag brand” (Jesaja 65:3-5). Hierdie skynbare vroom persone gee Jehovah ‘in sy aangesig’ aanstoot—’n uitdrukking wat moontlik op vermetelheid en oneerbiedigheid dui. Hulle wend geen poging aan om hulle gruwels te verberg nie. Is dit nie veral afkeurenswaardig om sondes te pleeg in die teenwoordigheid van die Een wat eintlik geëer en gehoorsaam moet word nie?
8 Hierdie eiegeregtige sondaars sê in werklikheid vir ander Jode: ‘Bly op ’n afstand, want ek is heiliger as jy.’ Hoe huigelagtig tog! Hierdie “vroom” persone bring offerandes en brand reukwerk vir valse gode, wat in God se Wet veroordeel word (Eksodus 20:2-6). Hulle sit tussen die grafte, wat hulle volgens die Wet onrein maak (Numeri 19:14-16). Hulle eet varkvleis, kos wat onrein is (Levitikus 11:7).a En tog voel hulle heiliger as ander Jode weens hulle godsdienswerke, en hulle wil hê dat ander mense van hulle af moet wegbly sodat dié nie bloot deur assosiasie as ’t ware geheilig, of rein, sal word nie. Dit is nietemin glad nie hoe die God wat “uitsluitlike toegewydheid” eis, die saak beskou nie!—Deuteronomium 4:24.
-
-
“Wees vir ewig bly oor wat ek skep”Jesaja se profesie—Lig vir die hele mensdom II
-
-
a Baie dink dat hierdie sondaars by die grafte was omdat hulle met die dooies probeer kommunikeer het. Die eet van varkvleis was moontlik met afgodediens geassosieer.
-