Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Wie is Jesus?
    Geniet die lewe vir ewig! – Bybellesse wat jou kan help
    • 4. Jesus is nie die almagtige God nie

      Die Bybel leer dat Jesus ’n magtige engel in die hemel is, maar dat hy nog steeds gehoorsaam is aan sy God en Vader, Jehovah. Hoekom kan ons so sê? Speel die VIDEO om te sien wat die Bybel leer oor hoe Jesus se posisie anders is as die almagtige God se posisie.

      VIDEO: Is Jesus Christus God? (3:22)

      Die volgende tekste sal ons help om te verstaan wat die verhouding tussen Jehovah en Jesus is. Lees elke teks, en bespreek dan die volgende vrae.

      Lees Lukas 1:30-32.

      • Hoe het die engel die verhouding tussen Jesus en Jehovah God, “die Allerhoogste”, beskryf?

      Lees Matteus 3:16, 17.

      • Wat het die stem uit die hemel by Jesus se doop gesê?

      • Wie se stem dink jy was dit?

      Lees Johannes 14:28.

      • Wie is ouer en het meer gesag? ’n Pa of ’n seun?

      • Jesus het Jehovah sy Vader genoem. Wat leer dit ons?

      Lees Johannes 12:49.

      • Dink Jesus dat hy en sy Vader dieselfde persoon is? Wat dink jy?

  • Wat is God se Koninkryk?
    Geniet die lewe vir ewig! – Bybellesse wat jou kan help
    • Les 31. Jesus Christus as Koning in die hemel voor die heerlikheid van Jehovah.

      LES 31

      Wat is God se Koninkryk?

      Die belangrikste boodskap in die Bybel gaan oor God se Koninkryk. Jehovah sal daardie Koninkryk gebruik om die aarde ’n paradys te maak, net soos hy van die begin af wou hê. Wat is die Koninkryk? Hoe weet ons dat dit nou regeer? Wat het dit alreeds gedoen? En wat sal dit in die toekoms doen? Hierdie les en die volgende twee lesse sal daardie vrae beantwoord.

      1. Wat is God se Koninkryk, en wie is die Koning daarvan?

      Die Koninkryk is ’n regering wat deur Jehovah God gevorm is. Die Koning van die Koninkryk, Jesus Christus, regeer vanuit die hemel (Matteus 4:17; Johannes 18:36). Die Bybel sê die volgende oor Jesus: “Hy sal vir ewig as Koning . . . regeer” (Lukas 1:32, 33). As Koning van God se Koninkryk, sal Jesus oor almal op die aarde regeer.

      2. Wie regeer saam met Jesus?

      Jesus regeer nie alleen nie. Mense uit “elke stam en taal en volk en nasie . . . sal as konings oor die aarde regeer” (Openbaring 5:9, 10). Hoeveel sal saam met Christus regeer? Vandat Jesus aarde toe gekom het, het miljoene Christene sy volgelinge geword. Maar net 144 000 van hulle gaan hemel toe om saam met Jesus te regeer. (Lees Openbaring 14:1-4.) Alle ander Christene op die aarde sal burgers van die Koninkryk word. – Psalm 37:29.

      3. Hoekom is God se Koninkryk beter as menseregerings?

      Selfs wanneer heersers goeie dinge probeer doen, het hulle nie die mag om alles te doen wat hulle wil doen nie. Hulle word uiteindelik vervang deur ander heersers wat dalk selfsugtig is en dalk nie die mense oor wie hulle regeer, wil help nie. Maar die Heerser van God se Koninkryk, Jesus, sal nooit deur enige iemand anders vervang word nie. God het “’n koninkryk [opgerig, of gevorm,] wat nooit vernietig sal word nie” (Daniël 2:44). Jesus sal oor die hele aarde regeer, en hy sal nie party mense beter as ander behandel nie. Hy is liefdevol, goed en regverdig, en hy sal mense leer om mekaar op dieselfde manier te behandel – met liefde, goedheid en regverdigheid. – Lees Jesaja 11:9.

      SOEK DIEPER

      Kyk hoekom God se Koninkryk beter is as enige menseregering.

      Jesus Christus regeer oor die aarde vanuit sy hemelse troon. Dié wat saam met hom regeer, sit agter hom. Jehovah skyn helder agter hulle.

      4. ’n Magtige regering sal oor die hele aarde regeer

      Jesus Christus het meer mag om te regeer as enige heerser in die geskiedenis. Lees Matteus 28:18, en bespreek dan hierdie vraag:

      • Hoe is Jesus se gesag beter as dié van enige ander heerser?

      Menseregerings verander baie, en elkeen regeer oor net ’n deel van die aarde. Wat van God se Koninkryk? Lees Daniël 7:14, en bespreek dan hierdie vrae:

      • Hoekom is dit goed dat God se Koninkryk “nie vernietig [sal] word nie”?

      • Hoekom is dit goed dat dit oor die hele aarde sal regeer?

      5. Menseregerings moet vervang word

      Hoekom moet God se Koninkryk menseregerings vervang? Speel die VIDEO, en bespreek dan die volgende vraag.

      VIDEO: Wat is God se Koninkryk? – Uittreksel (1:41)

      • Wat was die resultaat van menseregerings?

      Lees Prediker 8:9, en bespreek dan hierdie vrae:

      • Dink jy dat God se Koninkryk menseregerings moet vervang? Hoekom?

      6. God se Koninkryk het heersers wat ons verstaan

      Omdat ons Koning, Jesus, as ’n mens op die aarde gelewe het, kan hy met “ons swakhede . . . simpatiseer” (Hebreërs 4:15). Die 144 000 lojale mans en vrouens wat saam met Jesus sal regeer, is deur Jehovah gekies “uit elke stam en taal en volk en nasie”. – Openbaring 5:9.

      • Vertroos dit jou om te weet dat Jesus en almal wat saam met hom sal regeer, weet hoe dit is om as mense op die aarde te lewe? Hoekom?

      Gesalfde mans en vrouens uit verskillende tydperke en agtergronde.

      Jehovah het mans en vrouens uit alle agtergronde gekies om saam met Jesus te regeer

      7. God se Koninkryk het baie beter wette as dié van enige menseregering

      Regerings maak wette wat hulle dink hulle burgers sal help en beskerm. God se Koninkryk het ook wette, en die burgers van die Koninkryk moet gehoorsaam wees daaraan. Lees 1 Korintiërs 6:9-11, en bespreek dan hierdie vrae:

      • Hoe dink jy sal die wêreld wees as almal gehoorsaam is aan God se wette?a

      • Dink jy dat Jehovah die reg het om te verwag dat die burgers van die Koninkryk hierdie wette moet gehoorsaam? Hoekom?

      • Wat wys dat mense wat nie gehoorsaam is aan hierdie wette nie, kan verander? – Sien vers 11.

      ’n Polisieman keer die verkeer by ’n besige pad. Mense van verskillende ouderdomme loop oor die pad.

      Regerings maak wette om hulle burgers te beskerm en te help. God se Koninkryk het baie beter wette om die burgers daarvan te beskerm en te help

      IEMAND VRA DALK: “Wat is God se Koninkryk?”

      • Wat sal jy sê?

      WAT ONS GELEER HET

      God se Koninkryk is ’n regte regering in die hemel wat oor die hele aarde sal regeer.

      Hersiening

      • Wie is die heersers van God se Koninkryk?

      • Hoe is God se Koninkryk beter as enige menseregering?

      • Wat is ’n paar dinge wat Jehovah van burgers van die Koninkryk verwag?

      Doelwit

      LEER MEER

      Kyk wat Jesus gesê het oor waar die Koninkryk is.

      “Is die Koninkryk van God in jou hart?” (Web-artikel)

      Hoekom kies Jehovah se Getuies om lojaal te wees aan God se Koninkryk eerder as aan menseregerings?

      Getrou aan God se Koninkryk (1:43)

      Kyk wat die Bybel sê oor die 144 000 wat Jehovah gekies het om saam met Jesus te regeer.

      “Wie gaan hemel toe?” (Web-artikel)

      Wat het ’n vrou in die tronk oortuig dat net God ’n regverdige wêreld kan bring?

      “Die antwoord op my vrae oor ongeregtigheid” (Ontwaak!, November 2011)

      a Party van hierdie wette sal in Deel 3 bespreek word.

Afrikaanse publikasies (1975-2026)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel