-
Die New World Translation—vakkundig en eerlikDie Wagtoring – 1991 | Maart 1
-
-
In Johannes 1:1 lui die New World Translation: “Die Woord was ’n god.” In baie vertalings lui hierdie uitdrukking eenvoudig: “Die Woord was God”, en dit word gebruik om die Drie-eenheidsleer te ondersteun. Dit is dan te wagte dat Trinitariërs nie van die weergawe in die New World Translation sal hou nie. Maar Johannes 1:1 is nie vervals om te bewys dat Jesus nie die almagtige God is nie. Jehovah se Getuies, onder baie andere, het die gebruik om “god” met hoofletters te skryf bevraagteken lank voor die verskyning van die New World Translation, wat daarna strewe om die oorspronklike taal akkuraat weer te gee. Vyf Duitse vertalers gebruik soortgelyk die term “’n god” in daardie vers.b Minstens 13 ander het uitdrukkings soos “van goddelike aard” of “godgelyke aard” gebruik. Hierdie weergawes stem met ander dele van die Bybel ooreen wat toon dat Jesus wel in die hemel ’n god is in die sin dat hy goddelik is. Maar Jehovah en Jesus is nie dieselfde wese, dieselfde God, nie.—Johannes 14:28; 20:17.
-
-
Die New World Translation—vakkundig en eerlikDie Wagtoring – 1991 | Maart 1
-
-
b Jürgen Becker, Jeremias Felbinger, Oskar Holtzmann, Friedrich Rittelmeyer en Siegfried Schulz. Emil Bock sê “’n goddelike wese”. Sien ook die Engelse vertalings Today’s English Version, The New English Bible, Moffatt, Goodspeed.
-