Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Die opstanding – ’n Vaste hoop!
    Die Wagtoring (Studie-uitgawe) – 2020 | Desember
    • 12. Hoe het Jesus se opstanding verskil van opstandings wat voor syne gebeur het, volgens 1 Petrus 3:18, 22?

      12 Paulus het persoonlik geweet dat “Christus . . . uit die dood opgewek [is]”. Daardie opstanding was beter as die opstandings wat vroeër gebeur het omdat die mense wat opgewek is, weer gesterf het. Paulus het gesê dat Jesus “die eerste een [was] wat opgewek is van dié wat gesterf het”. In watter sin was Jesus eerste? Hy was die eerste een wat as ’n geespersoon opgewek is en die eerste mens wat hemel toe gegaan het. – 1 Kor. 15:20; Hand. 26:23; lees 1 Petrus 3:18, 22.

  • Die opstanding – ’n Vaste hoop!
    Die Wagtoring (Studie-uitgawe) – 2020 | Desember
    • 16. Wat het Paulus bedoel toe hy gesê het dat Jesus “die eerste een” is?

      16 Paulus het geskryf dat Christus “die eerste een [is] wat opgewek is van dié wat gesterf het”. Onthou dat ander, soos Lasarus, opgewek is om weer op die aarde te lewe, maar Jesus was die eerste een wat as ’n geespersoon opgewek is en ewige lewe ontvang het. En deur Jesus “die eerste een” te noem, het Paulus bedoel dat ander wat ná Jesus gesterf het, opgewek sal word tot lewe in die hemel. Die apostels en ander wat “in eenheid met Christus” is, sou uiteindelik opgewek word tot lewe in die hemel net soos Jesus was.

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel