-
Dissipline wat ’n vredevolle vrug kan lewerDie Wagtoring – 1988 | April 15
-
-
“Nou lyk elke [dissipline] of dit op die oomblik nie ’n saak van blydskap is nie, maar van droefheid; later lewer dit egter ’n vredevolle vrug van geregtigheid vir die wat daardeur geoefen is.”—HEBREËRS 12:11, vgl. NW.
1, 2. (a) Wat voorsien God liefdevol volgens Hebreërs 12:9-11? b) Wat is een voorbeeld van dissipline, en waartoe kan dit lei?
DINK terug aan jou kinderdae. Kan jy onthou dat jou ouers jou gedissiplineer het? Die meeste van ons kan. Die apostel Paulus het dit as ’n voorbeeld gebruik toe hy in Hebreërs 12:9-11 kommentaar gelewer het oor dissipline van God af.
2 God se vaderlike dissipline wat ons geestelike lewe kan raak, kan baie vorms aanneem. Een daarvan is sy reëling om ’n persoon wat nie meer God se standaarde wil naleef nie of wat weier om dit te doen uit die Christengemeente uit te sluit. ’n Persoon wat aldus streng getugtig of gedissiplineer word, sal dalk berou toon en hom bekeer. Die gemeente van lojale knegte word terselfdertyd ook gedissiplineer in die opsig dat hulle leer hoe belangrik dit is om aan God se hoë standaarde te voldoen.—1 Timotheüs 1:20.
-
-
Dissipline wat ’n vredevolle vrug kan lewerDie Wagtoring – 1988 | April 15
-
-
Waarom hierdie ferm standpunt?
4. Wat gebeur af en toe met party in die gemeente? (Galasiërs 6:1; Judas 23)
4 Die meeste ware Christene ondersteun God en sy regverdige wette lojaal (1 Thessalonicense 1:2-7; Hebreërs 6:10). Maar af en toe wyk iemand van die weg van die waarheid af. Hy oortree dalk God se wette ondanks hulp van Christen- ouere manne en is onberouvol. Of hy verwerp moontlik die geloof deur valse leerstellings te verkondig of deur homself van die gemeente te dissosieer. Wat moet dan gedoen word? Sulke dinge het plaasgevind selfs terwyl die apostels gelewe het; laat ons dus kyk wat hulle hieromtrent geskryf het.
5, 6. (a) Watter wyse raad het ons oor hoe om diegene te behandel wat ernstige sondes begaan en onberouvol is? (Mattheüs 18:17). (b) Voor watter vrae kom ons te staan?
5 Toe ’n man in Korinthe hom aan onsedelikheid skuldig gemaak het en onberouvol was, het Paulus vir die gemeente gesê: “[Moenie omgaan] met iemand wat, al staan hy as ’n broeder bekend, ’n hoereerder is of ’n gierigaard of ’n afgodedienaar of ’n kwaadspreker of ’n dronkaard of ’n rower nie; met so iemand moet julle selfs nie saam eet nie” (1 Korinthiërs 5:11-13). Dieselfde moes vir afvalliges, soos Himeneüs, geld: “Aan ’n man wat partyskap verwek [“’n sekte bevorder”, NW], moet jy jou onttrek ná die eerste en tweede vermaning, wetende dat so iemand op ’n verkeerde pad is en sonde doen” (Titus 3:10, 11; 1 Timotheüs 1:19, 20). Hierdie vermyding sou ook gepas wees vir enigiemand wat die gemeente verwerp: “Hulle het van ons uitgegaan, maar hulle was nie van ons nie; want as hulle van ons was, sou hulle by ons gebly het; maar dit moes aan die lig kom dat hulle nie almal van ons is nie.”—1 Johannes 2:18, 19.
6 Hopelik sal so iemand berou toon sodat hy weer aanvaar kan word (Handelinge 3:19, vgl. NW). Maar mag Christene intussen beperkte omgang met hom hê of is dit nodig om hom heeltemal te vermy? En, indien wel, waarom?
-