Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Ouere manne—Bewaar julle pand
    Die Wagtoring – 1989 | September 15
    • 12. Watter raad wat vroeër in hierdie tydskrif gepubliseer is, sal ’n ouere man help om misbruik van die tong te vermy?

      12 Bewaar ook jou pand as ouere man deur slaggate te vermy. Een slaggat is misbruik van die tong as ’n onderrigter. Jehovah se organisasie beklemtoon al lank hoe belangrik versigtigheid op hierdie gebied is. In sy nommer van 15 Mei 1897 het hierdie tydskrif byvoorbeeld Jakobus 3:1-13 bespreek en van veral ouere manne gesê: “As hulle ’n welsprekende tong het, kan dit ’n kanaal van groot seën wees en baie tot die Heer, die waarheid en die weg van regverdigheid oorhaal; of, as dit daarenteen met dwaling besmet is, kan die tong feitlik onbeskryflike skade aanrig—afbreuk aan geloof, aan sedes, aan goeie werke. Dit is inderdaad so dat enigeen wat die gawe van onderrig uitoefen ’n groter verantwoordelikheid voor God en mense het. . . . Almal wat ’n fontein is waaruit die goddelike Woord voortkom, wat seën en verkwikking en krag bevat, moet sorg dat bitter water, valse leerstellings wat ’n vloek of skade sal meebring—en God tot oneer strek en sy Woord verdraai—nie in hulle ’n kanaal van uiting vind nie. Wanneer leiers vir vergaderinge gekies word, moet die ‘tong’-vereiste, soos hier uiteengesit, nie oor die hoof gesien word nie. Dié wat vurig is van tong moet nie gekies word nie, maar eerder dié wat sagmoediger is, die gematigdes, wat hulle tonge ‘in toom hou’ en noulettend probeer om net ‘die uitsprake van God te spreek’.” Hoe belangrik is dit tog dat ’n ouere man sy tong reg gebruik!

  • Ouere manne—Bewaar julle pand
    Die Wagtoring – 1989 | September 15
    • 17, 18. Watter raad wat sowat 80 jaar gelede in hierdie tydskrif gepubliseer is, geld steeds vir Christen- ouere manne?

      17 Meer as 80 jaar gelede het The Watch Tower (1 Maart 1909) Paulus se pas gemelde raad aan mede- ouere manne aangehaal en gesê: “Alle Ouere Manne moet besonder versigtig wees; want in elke beproewing het die mees begunstigde en prominentste persone die kwaaiste probleme en toetse. Daarom maan [Jakobus]: ‘Moenie baie leermeesters wees nie, my broeders, omdat julle weet dat ons ’n groter oordeel sal ondergaan.’ Ons maan al die Ouere Manne wat rein en onselfsugtig van hart is eweneens dat hulle net liefde en seënwense vir alle mense moet hê en dat hulle al hoe meer gevul moet word met die vrug en deugde van die heilige Gees, en dat hulle ook ag moet gee op die kudde. Onthou dat die kudde die Heer s’n is en dat julle ’n verantwoordelikheid teenoor die Heer sowel as hulle het. Onthou dat julle vir hulle siele (belange) moet waak as diegene wat rekenskap moet gee aan die Groot Opperherder. Onthou dat Liefde die belangrikste in alle dinge is; en terwyl julle nie leerstellings afskeep nie, moet julle besondere aandag skenk aan die ontwikkeling van die Heer se Gees onder die verskeie lede van sy Liggaam, sodat hulle sodoende ‘bekwaam kan word om deel te hê aan die erfdeel van die heiliges in die lig’, en, ooreenkomstig die goddelike wil, nie gestruikel word in hierdie bose dag nie, maar, nadat hulle alles volbring het, staande kan bly in Christus, sy Liggaam, sy Lede, sy Mede-Offeraars, sy Mede-Erfgename.”

Afrikaanse publikasies (1975-2027)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel