Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Volg jy Jehovah na deur besorg te wees oor ander?
    Die Wagtoring – 2007 | Junie 15
    • Jehovah se liefdevolle besorgdheid word in die Christengemeente weerspieël. As die Hoof van die gemeente rig Jesus Christus ouer manne om vir sy kudde te sorg (Johannes 21:15-17). Die Griekse woord vir opsiener is verwant aan ’n werkwoord wat “sorgvuldig oppas” beteken. Petrus beklemtoon hoe dit gedoen moet word en beveel ouer manne: “Hou as herders toesig oor die kudde van God wat onder julle sorg is, nie onder dwang nie, maar gewillig; ook nie uit liefde vir oneerlike gewin nie, maar gretig; ook nie as persone wat baasspeel oor dié wat God se erfenis is nie, maar deur voorbeelde vir die kudde te word.”—1 Petrus 5:2, 3.

  • Volg jy Jehovah na deur besorg te wees oor ander?
    Die Wagtoring – 2007 | Junie 15
    • Petrus se voorgaande woorde vestig egter ons aandag op ’n gevaar—dat ouer manne moontlik oor die gemeente sal “baasspeel”. ’n Aanduiding hiervan is as ’n ouer man onnodige reëls neerlê. Weens ’n sterk pligsgevoel om die kudde te beskerm, gaan ’n ouer man miskien te ver. In een gemeente in die Ooste het ouer manne reëls neergelê oor hoe om ander in die Koninkryksaal te groet—soos wie eerste moet praat—vas oortuig daarvan dat hierdie reëls tot die vrede van die gemeente sou bydra. Het hierdie ouer manne, hoewel hulle beweegredes ongetwyfeld goed was, Jehovah se sorg vir sy volk nagevolg? Interessant genoeg, die apostel Paulus se geestesgesindheid is weerspieël in sy woorde: “Nie dat ons die meesters oor julle geloof is nie, maar ons is medewerkers vir julle vreugde, want deur julle geloof staan julle” (2 Korintiërs 1:24). Jehovah vertrou sy volk.

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel