Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Hou aan om in goddelike lig te wandel
    Die Wagtoring – 1986 | Julie 15
    • 8, 9. (a) Op watter grondslag sal Jehovah ons vergewe? (b) Wat het sekere afvalliges ten opsigte van sonde gesê, en waarom was hulle verkeerd?

      8 Johannes meld vervolgens die grondslag vir reiniging van sonde. (Lees 1 Johannes 1:8-2:2.) As ons sê: ‘Ons het geen sonde nie’, ontken ons die feit dat alle onvolmaakte mense sondig is, en is “die waarheid . . . nie in ons nie” (Romeine 5:12). Maar God is “getrou” en vergewe ons as ons met ’n berouvolle gesindheid wat ons beweeg om sonde te laat vaar teenoor hom “ons sondes bely” (Spreuke 28:13). God het van diegene in die nuwe verbond gesê: “Ek sal . . . aan hulle sonde nie meer dink nie” (Jeremia 31:31-34; Hebreërs 8:7-12). Deur hulle te vergewe, doen hy daardie belofte gestand.

  • Hou aan om in goddelike lig te wandel
    Die Wagtoring – 1986 | Julie 15
    • 10. In watter opsig is Jesus “’n versoening”?

      10 Johannes skryf “hierdie dinge” oor sonde, vergifnis en reiniging sodat ons nie sonde moet beoefen nie. Sy woorde moet ons beweeg om hard te stry om nie te sondig nie (1 Korinthiërs 15:34). Maar as ons wel “sondig” en berouvol is, het ons “’n Voorspraak by die Vader”​—“Jesus Christus, die Regverdige” wat ons saak by God bepleit. (Hebreërs 7:26; vergelyk Johannes 17:9, 15, 20.) Jesus is “’n versoening”, of soenoffer. Sy dood het aan die vereistes van die reg voldoen en het dit vir God moontlik gemaak om in die geval van geestelike Israeliete en “die hele wêreld”, die “groot menigte” inkluis, genade te betoon en die aanklag van sonde te verwyder (Romeine 6:23; Galasiërs 6:16; Openbaring 7:4-14). Hoe waardeer ons tog daardie offerande!

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel