Lied 116
Die lig word helderder
1. Profete van ouds wou graag leer van die Saad,
die hoop van die kreunende skepping.
Gods gees het getoon dat Messias sou kom,
en dat dit sou lei tot ons redding.
Die tyd het gekom, die Messias regeer,
ons sien sy teenwoordigheid hier.
Hoe groot is ons voorreg om hiervan te weet;
hierin wil selfs die engele tuur!
(REFREIN)
Ons pad word voortdurend verhelder;
ons wandel in stralende lig.
Kyk net wat ons God openbaar maak;
hy bly al ons voetstappe rig.
2. Ons Heer bly ons tydig van voedsel voorsien
deur middel van sy troue slaafklas.
Die lig van die waarheid bly helderder skyn,
verlig ons wat vroeër verblind was.
Ons voetstappe seker; ons paaie gelyk;
sy Woord is ’n lamp vir ons voet.
Ons dank onse Vader, die Gewer van lig,
en bewandel sy weg soos ons moet.
(REFREIN)
Ons pad word voortdurend verhelder;
ons wandel in stralende lig.
Kyk net wat ons God openbaar maak;
hy bly al ons voetstappe rig.
(Sien ook Rom. 8:22; 1 Kor. 2:10; 1 Pet. 1:12.)