Lied 63
Bly lojaal
1. Bly lojaal aan God ons Vader,
onberisp’lik en getrou,
As sy knegte, toegewydes,
wil ons sy gebooie hou.
Ja, sy raad is tot ons beswil,
nimmer wil ons daarteen stry.
Hy’s lojaal en ons vertrou hom.
Ons sal altyd by hom bly.
2. Bly lojaal aan broers en susters,
staan hul deur beproewings by.
Altyd sorgsaam en goedhartig
moet ons teenoor hulle bly.
Ons gaan voor in eerbetoning
en bejeën hul met respek.
Ja, die Bybel kan ons saambind,
eenheid in ons harte wek.
3. Bly lojaal aan hulle leiding
wanneer herders oor ons waak.
Hulle raad strek ons tot voordeel;
mag dit steeds ons harte raak.
Dan sal God se ryke seën
op ons rus en krag voorsien.
O Jehovah, as lojales
wil ons u vir ewig dien.
(Sien ook Ps. 149:1; 1 Tim. 2:8; Heb. 13:17.)